Leesvordering:

My goed is my goed

Jul 4, 2022

Deur Maxie Heppell

Stelltjie se woorde daardie. Gewoonlik geuiter wanneer haar breiskêr skielik voete gekry het.  Deesdae gebruik ek en my man dit skertsend as ’n verkorte weergawe van ons troubelofte.

Maar my goed ís my goed en my goed is méér as nét my goed.

Vroeër die week kom ek af op ’n lysie van doen-dinge om te onthou wanneer daar by jou huis ingebreek word.

Die analogie kan seker ook net só ver gedryf word, maar wat daarvan as daar by jou siel se huis ingebreek word?

1. As inbrekers op jou erf kom, moet geen ligte in die huis aanskakel nie, slegs buiteligte.

Dit is nie die verhoogligte wat op jou skyn wat die vyand van jou siel af sal weghou nie, maar die lig van Jesus wat uit jou skyn wat die vyand meer as net ’n skeelhoofpyn sal gee.

2. Inbrekers kom gewoonlik by die agterdeur in, want dit is heel moontlik nie so goed versterk as die voordeur nie.

Die vyand sal altyd jou sagste plekkie uitsoek om in te kom. Daardie een plek wat jy nie eers bodder om oor te bid nie, is dalk net die plek waarvoor hy sy aanval beplan.

3. As jy met min of geen klere slaap nie, trek onmiddellik aan sodra jy iets hoor.

Teen die tyd dat jy bewus raak van die vyand op jou siel se voorstoep, behoort jy reeds jou wapenrusting gepolish het en gepoets het om gepantser vir hom te staan en wag, reg vir die geveg.

4. Probeer by jou huis se hoofkragskakelaar uitkom en dompel die hele eiendom in donkerte.

Die vyand van jou siel floreer in die donker. Maar wanneer jy, vrygemaak deur genade, al die swart hoekies van jou hart verlig met die waarheid, is daar niks meer waarmee die vyand jou gevange kan hou nie.

5. Wanneer inbrekers jou huis binnekom, moet jou nie teësit nie, maar gee hulle wat hulle ookal wil hê.

Niks in hierdie wêreld of die volgende behoort aan die vyand nie. Nie eers die hel waarheen hy verban is nie. Hou op om vir hom enige eienaarskap te gee oor goed in jou lewe.

6. Moenie direk vir die inbrekers kyk nie.  As jy hulle herken, moet dit nie wys nie en moet nie die persoon se naam noem nie.

Om jou siel te beskerm is dit nodig dat jy dít aanspreek wat jy wéét ’n gevaar vir jou vrede inhou. Om te dink hierdie of daardie is nie so ’n ernstige bedreiging nie, is om moeilikheid binne te nooi.

7. As die inbrekers uiteindelik jou huis verlaat, moet hulle nie agterna sit nie.

Hoekom sal jy wil teruggaan na dít waarvan die Here jou verlos het? En tog …

8. As jy enige verdagte bewegings by jou bure sien, stel hulle in kennis.

Liefde kom met verantwoordelikheid. Laat ons mekaar waarsku voordat die skade groot is.

“Be on your guard and stay awake.
Your enemy, the devil, is like a roaring lion, sneaking around to find someone to attack.
But you must resist the devil and stay strong in your faith.
You know that all over the world the Lord’s followers are suffering just as you are. 
But God shows undeserved kindness to everyone. That’s why he appointed Christ Jesus to choose you to share in his eternal glory.
You will suffer for a while, but God will make you complete, steady, strong, and firm. 
God will be in control forever! Amen.”

1 Peter 5:8 CEV

Jou inspirasie vir die week: Never leave

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest