Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Jozi Café

Aug 10, 2022

Die Wêreldgids is ’n netwerk wat uit Suid-Afrikaanse ekspats en hul ondernemings bestaan, en help Suid-Afrikaners om tuis te voel in ’n nuwe omgewing. Elke week kies die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings wat in die Wêreldgids gelys is om in die Kollig te verskyn. Hierdie week raak ons weg in die strate van Parys.

Dié week se onderneming in die Kollig is Jozi Café – van Jozi tot Parys.

As baristas streef ons daarna om vir jou die heel beste espresso en filterkoffie te bied. Ons is in die hartjie van die lewendige Latynse area geleë. Op ons spyskaart is ’n verskeidenheid spesialiteitkoffies, fantastiese tees, vars sappe en handgemaakte gebak. Ons het ’n ontbytspyskaart en ’n middagetespyskaart.  

Jozi Café is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest