Leesvordering:

Twintig maniere waarop jy Afrikaans kan vier in die buiteland

Aug 8, 2022

Deur Alana Bailey

Ons vier Afrikaanse Taaldag elke jaar op 14 Augustus. Hier is twintig maniere waarop jy Afrikaans kan vier in die buiteland.

  1. Praat suiwer Afrikaans.
  2. Lees ’n Afrikaanse boek, tydskrif of artikel (sien Forum Tydskrif en Teken in op die Kollig Nuusbrief ).
  3. Plaas ’n gunsteling- Afrikaanse aanhaling op jou profiel.
  4. Ondersoek die programme van Afrikaanse organisasies.
  5. Koop ’n Afrikaanse boek (sien AfriForum Uitgewers).
  6. Geniet Afrikaanse inhoud op die aanlyn platform, AfriForumTV.
  7. Koop of speel ’n Afrikaanse bordspeletjie.
  8. Probeer aan sinonieme dink vir Afrikaanse woorde wat jy baie gebruik, soos “lekker” en “mooi”.
  9. Ondersteun ondernemings wat in Afrikaans dienste en produkte lewer. ( sien Wêreldgids )
  10. Skryf ’n brief of e-pos in Afrikaans vir iemand met wie jy lanklaas gesels het.
  11. Gee jou huis, meenthuis, woonstel of kamer ’n Afrikaanse naam.
  12. Teken iemand besonders in op ’n Afrikaanse tydskrif.
  13. Word ’n burger van Maroelafontein (sien Welkom by Maroela-fontein! ).
  14. Koop, maak of dra ’n T-hemp met ’n treffende Afrikaanse sêding op.
  15. Laai ’n Afrikaanse speltoetser af, of as jy reeds het, werk dit by en maak seker dit werk goed.
  16. Gee ’n Afrikaanse kinderboek vir ’n kind present, of lees vir ’n kind ’n Afrikaanse storie.
  17. Beproef ’n Afrikaanse resep. As jy nie ’n Afrikaanse resepteboek het nie, soek een op die internet.
  18. Skryf ’n Afrikaanse gediggie vir iemand wat jy lief het.
  19. Maak ’n speellys van jou 20 gunsteling- Afrikaanse liedjies.
  20. Kyk ’n Afrikaanse fliek.

Lees ook: Laat jou taal leef – selfs al is jy in die buiteland 

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest