Leesvordering:

AfriForumTV. Vermaak. Gratis. Aanlyn.

Okt 5, 2022

AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou TV en slimtoestel kan geniet.

Kykgenot in Oktobermaand op AfriForumTV:

De Kleine Griet

De Kleine Griet is ’n skreeusnaakse reeks gevul met baie vermaak. Dit speel af in die 1600’s met Charlie Bougenon wat die hoofkarakter vertolk as kaptein Wim van der Vaart op sy skip.

Begrond

’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.

Die Aitsas

Tydens die Aitsa- nasionale toekenningsgeleentheid word kunstenaars, liedjieskrywers, lirieke en produksies vereer. Van die land se beste Afrikaanse kunstenaars tree tydens die geleentheid op en van die grootste platemaatskappye is betrokke en word op die Aitsa-bestuur verteenwoordig.

Die inskrywings is deur ’n paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel. ’n R10 000-kontantprys, asook ’n trofee wat spesiaal vir die Aitsas ontwerp is, sal in elke kategorie op die spel wees.

Die Aitsas het van die begin af ten doel gehad om ’n onafhanklike geleentheid te skep waartydens die room van die rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie beloon kan word.

Die nominasies vir die Aitsa-toekennings is nou op AfriForumTV beskikbaar. Stem vir jou gunsteling in elke kategorie deur www.pretoriafm.co.za te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest