Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Anne-Marie van Eeden 

Okt 5, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is Anne-Marie van Eeden in Montreux, Switserland.

Anne-Marie van Eeden is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en inspirerende spreker Anne-Marie van Eeden woon al meer as ’n dekade in Switserland. Sy woon tans in die dorp Montreux aan die kuslyn van die meer van Genève. Haar musiek kan bestempel word as wêreldmusiek – ’n unieke oorkruisstyl tussen klassieke, jazz- en “folk”-klanke. Sy sing steeds in haar moedertaal, Afrikaans, maar ook in Engels en Frans. Sy skryf haar eie lirieke en musiek, maar is ook bekend vir haar knap en vars benadering om die poësie van geliefde Suid-Afrikaanse en ander digters te toonset.

Hier in die Noordelike Halfrond het sy die vreugdes en uitdagings leer ken wat daarmee gepaard gaan as ’n mens in ’n nuwe land in ’n Switsers-Franse gemeenskap moet gaan wortel skiet. Anne-Marie het musiek aan die Universiteit van Pretoria studeer, met klavier as hoofinstrument. Nadat sy haar B. Mus.-graad (Honneurs) voltooi het, het sy wyd as pianis en musikale vervaardiger tot baie kabarette en musiekproduksies bygedra. In 2003 het haar loopbaan ’n nuwe wending geneem met die bekendstelling van haar eerste solo-album, Kyk op. Die 13 liedjies op hierdie album is aanvanklik geskryf as ’n persoonlike uitlaatklep ná die tragiese dood van haar 3-jarige seuntjie, Frederick, wat op ’n eerlike wyse die pyn weerspieël, maar ook die verlossing en genesing wat in Jesus Christus gevind is. Die vrystelling van hierdie album saam met haar kragtige getuienis het gelei tot talle uitnodigings en optredes in Suid-Afrika en verder in die buiteland.

Sy het nou al drie albums vrygestel sedert sy in Switserland woon, die derde een in 2014 se titel is heel gepas – Winter. Haar liedjies, wat gekenmerk word deur Frans-Europese klanke, weerspieël haar indrukke van toweragtige wit winters. Winter is vir ’n Ghoema-toekenning genomineer.

Anne-Marie – as solis en klavierspeler – word op al haar albums begelei deur die keur van Suid-Afrikaanse instrumentaliste, en sedert sy in Switserland woon ook deur bekende Europese solo-kunstenaars soos die chromatiese mondharmonikaspeler Olivier Ker-Ourio van Frankryk en die flügelhornspeler Matthieu Michel van Switserland. ’n Splinternuwe album getiteld Optelwoorde is tans in wording. Dit bestaan grootliks uit gedigte deur Koos van der Merwe wat getoonset is. Koos van der Merwe is (behalwe dat hy ’n digter is) ook bekend daarvoor dat hy Leonard Cohen se liedjies na Afrikaans vertaal en opgeneem het. Een van die hoogtepunte op die album is ongetwyfeld ’n duet tussen Koos en Anne-Marie met die naam “Ek is hier”. Met oorkruisende klassieke, jazz- en wêreldmusiekstyle, vermeng haar liedjies taal en musiek om identiteit buite die grense van oorsprong en bestemming te hervestig. Anne-Marie sing steeds in haar geliefde moedertaal, maar ook in Engels en Frans.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest