Leesvordering:

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Okt 14, 2022

Die tweede episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel.

Dié episode getiteld, “The Carjacker’s Carnival”, fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek oorgrensmisdaad aanvuur.

Die film ondersoek die gevolge wat gewone Suid-Afrikaners in die gesig staar as gevolg van die gemak waarmee die grens onwettig oorgesteek kan word sowel as wat vrywilligers doen om misdaad te bekamp deur buurtwagte en ander burgerlike veiligheidstrukture op die been te bring.

“Dit was uiters inspirerend om te sien hoe burgerlikes besluit het om hierdie uitdaging aan te pak deur hul eie gemeenskappe te beveilig,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid en regisseur van die dokumentêr.

“AfriForum het 159 buurtwagte landswyd en baie van hierdie burgerlike veiligheidstrukture val in grensgebiede. Hierdie vrywilligers moet daagliks oorgrensmisdaad beveg en ons is baie trots daarop dat hierdie film kan wys hoe effektief hulle is,” sluit Broodryk af.

Een van die hooftemas in hierdie episode is hoe gesteelde en gekaapte voertuie oor die grens gesmokkel word, in ander Afrika-lande herverkoop word en dikwels weer na Suid-Afrika teruggesmokkel word.

Kyk Open Bordes: “The Carjacker’s Carnival” hier of op AfriForumTV.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest