Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Olive & Light

Okt 12, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is Olive & Light in Australië.

Olive & Light is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Hallo, en welkom by Olive & Light!

Ek is bly jy is hier en maak dus van dié geleentheid gebruik om jou ’n bietjie meer van myself en van Olive & Light te vertel.

Die Here het ’n begeerte in my hart geplaas om pragtige kunswerke te skep en te deel wat vreugde en liefde bring aan elkeen wat dit dra.  

Olive & Light is begin weens hierdie begeerte en besieling om te skep, asook ’n liefde vir pêrels.  

Die betekenis van die handelsnaam Olive & Light: God het die woord “olyf” baie sterk in my hart geplaas toe ek aan name begin dink. Ons het twee enorme olyfbome voor ons huis. Nog lank voordat Olive & Light ontstaan het, het olyftakkies ons huis versier, en wanneer ek ook al vir iemand ’n geskenk gegee het, het ek ’n groen olyftakkie daarby gegee. Ek was nog altyd daartoe aangetrokke en het net geweet ek moet dit op een of ander wyse deel van die naam maak.

’n Olyfboom het soveel betekenis in dit wat dit simboliseer. “Lig” simboliseer God, geloof en heiligheid. In Johannes John 8:12 sê Jesus: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Ek ontwerp ek skep hierdie kunswerke in die my studio in Sydney, Australië. Elke stuk word spesiaal en sorgsaam uit gehaltemateriale geskep, wat verseker dat jou handgemaakte juwele met natuurlike elegansie geskep word sodat die waardevolle pêrels vertoon word.  

Ek hoop dat my skeppings jou besiel en jou sal laat besef dat jy geliefd, waardevol en uniek-pragtig deur ons liefdevolle god geskep is.

My hart loop oor van vreugde om dit aan jou te kan bied, en ek hoop van harte dat jy die pêrels soveel sal geniet as wat ek dit geniet het om dit te maak.  

’n Spesiale woord van dank aan my liefdevolle man:

Jy is die een wat my besiel, in my glo en my versterk. Ek is dankbaar en erkentlik dat ek geseënd is om jou as man te hê. Ek is lief vir jou en bemin jou meer as wat woorde kan verduidelik. Met baie liefde, Celestte

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as 1 000 ondernemings en kontakpunte.

Vat ’n kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ’n klomp ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest