Leesvordering:

AfriForum vestig verdere internasionale aandag op haatspraak en diskriminasie teen Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe by VN

Des 2, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag persoonlik ’n verslag by die kantore van die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) in Genève, Switserland, ingehandig. Hierdie verslag vorm deel van AfriForum se gevestigde en groeiende internasionale bewusmakingsveldtog. AfriForum het ook vandag deelgeneem aan die vyftiende sessie van die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidskwessies.

Die bogenoemde verslag poog om al die nuwe diskriminerende wetgewing, voorvalle en beleide in Suid-Afrika te dokumenteer wat geïmplementeer of voorgestel is, of sedert 2020 plaasgevind het. Die verslag dokumenteer ook van die mees prominente voorvalle van haatspraak en aanhitsing tot geweld teen minderhede deur hoëprofielpersone in dieselfde tydperk.

AfriForum, wat ’n ECOSOC-geregistreerde NRO is, het hierdie verslag geskryf om CERD-lede te voorsien van ’n meer omvattende beskrywing van die mate waarin daar teen minderhede in Suid-Afrika gediskrimineer word, veral deur haatspraak, aanhitsing tot geweld en diskriminerende wetgewing.

Suid-Afrika sal in 2023 deur CERD hersien word met betrekking tot die uitskakeling van diskriminasie. CERD het bevestig dat AfriForum se verslag by hierdie proses ingesluit sal word. Dit is ’n groot eerste stap vir AfriForum om homself as ’n sleutelrolspeler in hierdie hersieningsproses te vestig.

Vanjaar se tema by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidskwessies was “Review. Rethink.” Ernst Roets, AfriForum se uitvoerende hoof vir internasionale skakeling, het ’n voorlegging gedoen oor die voortgesette haatspraak en diskriminasie teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika. Die toespraak kan hier gekyk word. Die Suid-Afrikaanse regering het veral hul minagting vir minderheidskwessies getoon deur nie op te daag toe die VN hulle versoek het om by hierdie sitting verslag te doen oor hoe minderhede in die land beskerm word nie.

“Die wêreld neem kennis van die diskriminerende wetgewing en haatspraak wat minderhede in Suid-Afrika teiken. Dit is goed om te weet dat AfriForum een ​​van die voorste stemme was om meer bewusmaking oor hierdie kwessies in die buiteland te bewerkstellig,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Ná die hofbeslissing dat die dreunsang ‘Kill the Boer’ nie haatspraak is nie, waarteen AfriForum besig is om te appelleer, het AfriForum besluit om internasionale owerhede in te lig oor die haatspraak wat teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika gerig is. Daardie inisiatief is waarvan hierdie toespraak en ons verslag deel vorm,” sê Roets.

“AfriForum het homself in die buiteland gevestig as ’n betroubare gesag oor sake rakende Suid-Afrika, veral kwessies wat verband hou met burgerregte en minderheidsregte,” sluit Van Zyl af.

Laai die verslag hier af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest