Leesvordering:

Natuurhoekie – ’n Knewel van ’n likkewaan

Mar 30, 2023

Hierdie likkewaan is by die Sabierivier naby die Onder-Sabie-ruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin deur Katie Visagie verfilm. Van wat haar man André kan aflei, is die grootste Afrika-likkewaan se lengte nie meer as 244 cm nie. Hierdie knewel se lengte is egter veel meer as dit! ’n Tweede groot likkewaan kan sowat 38 sekondes van die begin van die video af op die rotse agter hierdie een gesien word.

Likkewane is behoort aan ’n baie ou, maar hoogs ontwikkelde familie van akkedisse. Hulle kan rats klouter, loop en swem, en word soms in geskokte voorstedelinge se swembaddens aangetref! Hulle is dagdiere met ’n dieet wat ’n wye verskeidenheid prooi insluit, soos ander akkedisse, amfibieë, voëls, slange, skilpaaie, eiers, klein soogdiere, duisendpote, kewers, weekdiere en skerpioene. Skilpaaie word dikwels dop en al ingesluk en hulle kan duisendpote vreet omdat likkewane bestand teen duisendpote se giftige afskeidings is. Hulle sal selfs soms dierekarkasse vreet en speel dus ook ’n belangrike rol om die veld skoon te hou.

Die beeldmateriaal is deur Katie en André van Two-V Productions op hulle You Tube-kanaal geplaas. Hartlike dank aan hulle vir pragtige video’s! Teken asseblief in op dié kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Loot bestel word en sal ook binnekort weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar wees.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest