Leesvordering:

Natuurhoekie – Toktokkie

Apr 19, 2023

Deur Alana Bailey

Wanneer jy “toktokkie” hoor, dink jy waarskynlik eerste aan die speletjie en kattekwaad in jou kindertyd, maar dit verwys in die eerste plek na ’n baie interessante kewergroep.

Toktokkies behoort aan die kewerfamilie Tenebrionidae. Net in Suid-Afrika word meer as 3 500 spesies in die groep aangetref. Hoewel daar heelwat inligting beskikbaar is oor die klassifikasie van toktokkies, is daar min oor hulle lewenswyse bekend.

Hulle word maklik uitgeken aan hulle swaar, geronde buike waarmee hulle hard op die grond kan klop. Na bewering klop hulle op die grond om toktokkies van die teenoorgestelde geslag aan te lok, maar daar is ook bewerings dat mannetjies dié ritueel as deel van ’n stryd om oorheersing in ‘n gebied gebruik.

Plante en selfs diermateriaal is deel van hulle dieet. Droë habitatte pas hulle goed. Toktokkies beweeg stadig en kan nie vlieg nie, maar tog kom dit voor asof hulle nie juis die prooi van ander spesies word nie. Dit laat die vraag ontstaan wat hulle gebruik om hulle vyande af te skrik? Hopelik sal entomoloë in die toekoms meer aandag aan die fassinerende insekte gee sodat ons meer van die wêreld van die toktokkie kan leer.

Is jy lief vir die natuur? Het jy al enige interessante dieremaniere dopgehou of pragtige landskappe in die buiteland ontdek? Deel jou staaltjies met ons in die kommentaar en merk (“tag”) ons in jou mooiste natuurfoto’s.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest