Leesvordering:

AfriForum beveg beoogde wysigings aan vuurwapenwetgewing

Mei 24, 2021

AfriForum sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg na die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing oor die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is.

Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Verder blyk dit ook dat sportskuts en jagters aan die kortste ent gaan trek met die voorgestelde wysigings.

AfriForum sal ook binnekort ’n veldtog bekendstel om hierdie drakoniese wysigings aan die vuurwapenwetgewing te beveg.

Volgens AfriForum moet burgers oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan verskans nie.

“AfriForum sal hierdie aanval op gemeenskappe se weerbaarheid stopsit. Die konsepwysigingswet sal met hand en tand beveg word en sal AfriForum se kernprioriteit wees,” het Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die gemeenskapveiligheidsafdeling gesê.

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Droogte tot nasionale ramp...

Kollig nuusbrief: 22 Julie 2021

Kollig nuusbrief: 22 Julie 2021

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die...

“Hansie Slim” – die mannetjie wat die wye wêreld ingevaar het

“Hansie Slim” – die mannetjie wat die wye wêreld ingevaar het

Deur Ilze Nieuwoudt  Titel: “Hansie Slim” Woorde: A.D.E. Gutsche (vers 1), P. McLachlan (vers 2) Wysie: Volkswysie, verwerk deur Chris Lampbrecht Wie sou ooit kon raai dat die einste klein Hansie van wie derduisende Afrikaanse kindertjies so gretig sing in “Hansie...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest