Leesvordering:

AfriForum vanaf vandag in hof oor Malema en EFF haatspraak

Feb 7, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum se haatspraaksaak teen die leier van die EFF, Julius Malema, Mbuyiseni Ndlozi en die Economic Freedom Fighters (EFF) is vanaf vandag tot 18 Februarie op die rol in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg.

AfriForum het hierdie klag in Oktober 2020 aanhangig gemaak nadat ondersteuners van die EFF “Kill the Boer, Kill the Farmer” buite die landdroshof in Senekal gesing het waar beskuldigdes vir die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verhoor is.

Ndlozi het by hierdie geleentheid ook opruiende uitsprake gemaak wat in AfriForum se ontleding op die aanhitsing van brandstigting neerkom. Malema is by die saak gevoeg omdat hy ook by hierdie geleentheid teenwoordig was, asook omdat hy reeds deur ’n hofuitspraak in hierdie verband gebind word.

Malema is in 2011 aan haatspraak skuldig bevind vir die sing van die dreunsang, Dubul’ibhunu (Skiet die Boer). In hierdie saak het die Hoogste Hof van Appèl ook ’n bevel uitgereik ingevolge waarvan Malema daarvan weerhou word om soortgelyke dreunsange te sing en dat hy sy ondersteuners van die sing van sulke dreunsange moet ontmoedig.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum en die skrywer van die boek Kill the Boer,getuig namens AfriForum in hierdie saak. “AfriForum dien hierdie klag ingevolge die Gelykheidswet in, maar daar word onder meer van die hof gevra dat die saak ook vir strafregtelike vervolging verwys word. In AfriForum se pleitstukke vra die organisasie vir ’n bevel dat Malema, Ndlozi en die EFF haatspraak gepleeg het, dat hulle in die openbaar verskoning moet vra en dat hulle ’n boete van R500 000 moet betaal aan ’n organisasie wat hulself beywer vir die bekamping van haatspraak,” sê Roets.

“AfriForum is ’n kampvegter vir vryheid van spraak, maar terselfdertyd is AfriForum se standpunt dat daadwerklike en duidelike gevalle van haatspraak beveg moet word. Hierdie is ’n duidelike geval van haatspraak, omdat daar te doen het met ’n groep wat op grond van identiteit geteiken word en teen wie geweld aangehits word,” sluit Roets af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest