Leesvordering:

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

Mar 26, 2024

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy stigting wat op bladsy 19 van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport verskyn het. Sedertdien het dié organisasie van krag tot krag gegaan, reuse-ondernemings soos Nestlé en selfs groter politieke opponente soos Julius Malema en Jacob Zuma die stryd aangesê, geveg vir die behoud van Afrikaners se kulturele identiteit en taal, landwyd veiligheidsnetwerke gevestig en vele meer – dít alles in die naam van geregtigheid. 

Die burgerregtewaghond het in 2006 met slegs drie personeellede begin wat reggestaan het om te baklei vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika. Vandag is dié organisasie 182 personeel en meer as 10 000 vrywilligers sterk.

Volgens Kallie Kriel, wat reeds sedert AfriForum se ontstaan aan die stuur daarvan staan, kon dié organisasie nie ’n aks van die sukses wat behaal is, bereik sonder die lede wat in AfriForum se missie en visie glo nie. AfriForum het in sy eerste jaar  ’n skamele 560 lede gehad en teen 2024 aangegroei tot ’n ledetal van meer as 315 000 lede.

“AfriForum se krag oor 18 jaar lê in genade van Bo, maar ook lojale lede en besondere kollegas vir wie hul werk ’n roeping was en is,” sê Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum. Bailey is, soos Kriel, reeds sedert AfriForum se ontstaan, betrokke by dié organisasie.

AfriForum se eerste groot veldtog was om te veg vir die behoud van Pretoria se naam. Hierdie veldtog het oor etlike jare gestrek voordat dit uiteindelik vrugte afgewerp het en vandag is Pretoria steeds Pretoria.

Terwyl AfriForum nog in sy kinderskoene was, het hy ook die voedselreus Nestlé aangevat ná dit aan die lig gekom het dat dié maatskappy ’n melkkontrak met die toenmalige Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, gehad het. Dít ondanks die menseregteskendings wat op daardie stadium in Zimbabwe gepleeg is en die feit dat Mugabe onderhewig was aan verskeie sanksies wat deur die VSA en die Europese Unie teen haar, haar man, Robert, en verskeie ander Zimbabwiese amptenare gegeld het. Nestlé het kort ná hierdie veldtog afgeskop het, onderneem om nooit weer melk by Mugabe aan te koop nie.

Vandag spits AfriForum hom veral daarop toe om selfstandige gemeenskappe te help vestig wat met ’n selfdoeningesteldheid na hul eie gemeenskappe en veiligheid omsien. Dit beteken dat baie werk op voetsoolvlak gedoen moet word en AfriForum se 165 takke en 172 buurtwagte gryp hierdie geleentheid met albei hande aan.

“Ek is dankbaar dat ek die voorreg gehad het om sedert AfriForum se stigting, 18 jaar gelede, deel te kon wees van die organisasie se opwindende groeipad en veral die menigte suksesse wat in dié tyd behaal is. Ons was aan die begin net drie personeel, met nul lede en min hulpbronne en kyk waar is ons nou. Ek is veral trots daarop dat ons, in talle gemeenskappe met ’n ons-sal-self-benadering, vandag op groot skaal ’n rol kan speel in die bou van ’n toekoms vir ons, ons gemeenskappe én ons nageslag,” sluit Kriel af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest