Leesvordering:

AfriForum wen saak oor COVID-19-kwarantynkamp

Mei 6, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag die saak oor die Departement van Gesondheid se haglike COVID-19-kwarantynkamp in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria gewen. Die hof het beslis die COVID-19-kwarantynkamp waar meer as ’n 100 mense tans aangehou word, moet onmiddellik gesluit word.

Onder die mense wat in die kamp gevange gehou is, is die Nel-gesin, wat in Mosambiek vakansie gehou het toe die staat van inperking aangekondig is. Die gesin het ná vyf weke van selfisolasie in Mosambiek na Suid-Afrika teruggekeer. Met hul aankoms by die Lebombo-grenspos het SAPD-lede hulle na die Zithabeseni-kwarantynkamp naby Groblersdal geneem, ten spyte van die gesin se konsultasie met amptenare van die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in Mosambiek. Die gesin is eers agt dae ná hul aankoms by die haglike kwarantynkamp vir COVID-19 getoets.

AfriForum se hofaansoek volg nadat die regering aan aangehoudenes gesê het hulle sal vir 14 dae in die kwarantynkamp aangehou word ten spyte daarvan dat hulle nie weet of hulle die virus onder lede het nie. Die regering het ook geweier om dié mense toe te laat om in selfisolasie by hul huise te bly of hulself op eie koste te laat toets.

AfriForum het op 3 Mei 2020 gereël dat ’n span privaat medici die haglike kwarantynkamp besoek om die sowat 107 inwoners wat nié vir COVID-19 deur die staat getoets is nie op eie onkoste te toets. Die privaat mediese span is egter nie net toegang geweier en van die perseel af verwyder nie, maar die SAPD het ook versterkings ingeroep om toe te sien dat hulle nie terugkeer nie.

“AfriForum sal nie toelaat dat hierdie tipe magsvergrype deur regeringsamptenare plaasvind nie. Dit is immoreel dat mense in hierdie kampe aangehou word en die owerhede vir so lank bloot geweier het om hulle te toets. Dit is ’n skreiende skending van mense se basiese vryhede. Hierdie mense was vir alle basiese doeleindes gevangenes. Die fasiliteit voldoen nie aan WGO-standaarde nie en boonop word mense teen hul wil daar gehou,” sê Monique Taute, bestuurder van AfriForum se Veldtogte-afdeling.

“Gevalle soos dié bewys die nasionale regulasies – wat die regering toelaat om mense in kwarantynkampe te dwing, ongeag of hulle doeltreffend kan selfisoleer – is irrasioneel. Dit is ’n skending van die mees basiese vryhede en waardigheid van mense en kom neer op maatreëls wat op geen wyse in enige demokratiese land verantwoordbaar is nie,” sluit Taute af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest