Leesvordering:

BAK Skaapbraai – 21 Maart 2022

Apr 26, 2022

Op 21 Maart het die vure behoorlik gebrand by die Brisbane Afrikaanse Kerk se skaapbraai! Ons het vier skape gebraai wat saam 92 kg geweeg het. 75 kg se houtskool is gebruik en 142 mense het saam geëet en gekuier.

Die vure het vroeg al begin brand en Louis Nel en sy span het hulle hande vol gehad met die vier skape, maar dit was alles die moeite werd en almal het heerlik gesmul!

Die mans het gesorg dat daar genoeg vleis was terwyl die vroue gesorg het vir smullekker slaaie. Elna Olivier het seker gemaak daar was ietsie vir die soettand ná die ete.

Mense het van oral af kom saamkuier en dit was beslis ’n braai vir die boeke! Die Brisbane Afrikaanse Kerk bied elke jaar ’n skaapbraai, basaar en potjiekoskompetisie aan wat honderde Suid-Afrikaners lok. Dit is geleenthede soos hierdie wat ons maar net weer laat besef jy kan ons in enige land in die wêreld laat beland, maar as daar ’n klomp Suid-Afrikaners bymekaar is, word daar behoorlik gekuier!

Daar was gasvroue vir elke tafel en hulle het seker gemaak dit is mooi gedek soos net ons Suid-Afrikaanse vroue kan.

Ons volgende funksie is die potjiekoskompetisie op 21 Mei 2022. As jy die beste potjie maak, maar nog net die trofee nodig het om dit te bewys, of net lekker wil saamkuier om die potjies, is hierdie net die geleentheid vir jou. Daar is hope pryse op die spel en ook gelukkige trekkings vir dié wat net saam kuier.

Die Brisbane Afrikaanse kerk het dienste elke Sondag om 08:30 vanuit die Seventh Day Adventist Churchin Londonstraat in Eight Mile Plains. Kom kuier gerus een Sondag saam en kom luister na ds. Gawie se boodskap. Daar word altyd ná die diens heerlik gekuier.

Groete uit Brisbane!

Die Brisbane Afrikaanse Kerk

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest