Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: Oolfant.com

Aug 17, 2018

Wêreldwyd se eie-in-sy-soort Wêreldgids is daar om Suid-Afrikaners in die buiteland bewus te maak van Suid-Afrikaanse besighede in hul omgewing. Elke week kies Wêreldwyd een van die besighede van die Wêreldgids af wat ons oog gevang het en wie ons dink ‘n plekkie in die Kollig verdien. Hierdie week se besigheid in die Kollig is Oolfant.com.

Maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie, danksy oolfant.com kan jou kinders nou Afrikaans leer.

1. Leer stap vir stap om skitterend te skryf

Binne drie maande leer ek jou kinders ’n maklike skryfmodel wat hulle vir die res van hulle lewens met selfvertroue sal kan gebruik. Meer as 40 videolesse, 7 werkboeke, nuttige aftiklysies.

Klik en vind meer uit oor die volledige aanlynskryfkursus: SKRYF! 

2. Leer Afrikaanse taalleer op ’n prettige manier

Gaan op ’n avontuur saam met ’n onnutsige kleremakertjie en leer Afrikaanse woordsoorte ken. Bietjie werk elke dag lewer reuseresultate.

Klik en vind meer uit oor 15-Minuut-Afrikaans

3. As jy my produkte eers wil uittoets, ek het ook ’n gratis minikursus: Woorde met woema  Meer as 700 kinders het al hiervoor ingeskryf en is mal daaroor!

Klik en vind uit hoe jy kan inskryf vir Woorde met woema

Besoek oolfant.com se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou besigheid op die Wêreldgids

Meer oor die outeur

Marisa Haasbroek

Marisa Haasbroek, wat in Amerika bly, is ’n skryfster, tuisskoolbegeleier vir ma’s in Suid-Afrika en ook ’n lewensafrigter of life coach. Volg haar op Instagram by @risa4coaching.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest