Leesvordering:

Daaglikse bonusse

Jan 12, 2023

Deur Maxie Heppell

“So don’t lose a minute in building on what you’ve been given,
complementing your basic faith with good character,
spiritual understanding,
alert discipline,
passionate patience,
reverent wonder,
warm friendliness,
and generous love,
each dimension fitting into and developing the others.
With these qualities active and growing in your lives,
no grass will grow under your feet,
no day will pass without its reward as you mature
in your experience of our Master Jesus.”
2 Peter 1:5 The Message

Hierdie jaar is die begin van nuwe dinge vir ’n hele klompie mense na aan my. Nuwe werksgeleenthede, nuwe omgewings, kanse om oor weer te begin en al die opwinding en bewerasie wat daarmee gepaardgaan.

Een ding wat so lekker is hiervan, is die kans om ’n nuwe meet-myself-boekie te begin.

Jy weet mos? Daardie splinternuwe bladsy wat jy omslaan in jou verhoudinge by die werk, jou ingesteldheid teenoor gesag, jou toewyding aan die taak wat jou opgelê word.

Maar volgens Petrus moet dit nie nét ’n nuwe-werk-ding wees nie. Volgens hom is dit veronderstel om deel te vorm van die daaglikse roetine van elkeen wat hom- of haarself ’n volgeling van Jesus noem.

Die geloof wat ons ontvang het, dit ís immers ’n gawe – die koekbord waarop ons bou.

Nou word dit opgevul met lae goeie karakter waarin ek in elke situasie sal probeer om die régte ding te doen. Wat sal beteken dat ek moet leer wat die regte ding is om te doen.

Ek doen dit wanneer ek dieper grawe in my kennis van die Here, wanneer ek ontdek waar die “air pockets” in my verstaan is, sodat ek dit kan volmaak met soliede waarhede.

Die lae word meer en ek voeg daarby dissipline van ’n geestelike aard. Dít wat iets van my vra.  Tyd, die meeste van die tyd.

Wanneer ek dit doen, raak die gestapel makliker, want hoe meer tyd ek afstaan aan die bou van my Goddelike karakter, hoe meer passievolle geduld het ek met ander wat besig is om hulle eie stapels te maak.

Geduld en ’n warm, vriendelike liefde word dan mildelik bo-oor gegiet vir almal rondom my om te geniet.

Wanneer ons dít doen, sê Petrus, sal daar nie ’n dag verbygaan waarin ons níé beloon sal word nie.

Diegene wat werk vir ’n beloning in hulle bankrekening elke 30 dae, sal vinnig agterkom dat dit nooit genoeg is nie.

Diegene wat werk vir die lof van die Here, word verras met daaglikse bonusse op die mees onverwagte plekke!

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest