Leesvordering:

Dapper Media – ’n vermaaklikheidsplatform met styl!

Sep 30, 2020

Wie is ons?

Dapper Media (Edms.) Bpk. is in 2018 gestig as ’n alternatiewe platform waarop gehalte-inhoud oor die vermaaklikheidsbedryf sonder enige inmenging of sensuur aangebied word; ’n platform waar mense met ’n liefde en passie vir die film-, musiek- en produksiebedryf bymekaar kan kom. Danksy dié platform kan programme, stories en musiek wêreldwyd en op enige gegewe oomblik gestroom word. In hierdie gejaagde tye wil mense ook nie wag om vermaak te word nie. As hulle na ’n video of musiekvertoning wil kyk, moet dit dadelik gebeur. Dapper Media voorsien graag in hierdie behoefte.

Dapper Media is ’n vermaaklikheidsplatform waarvan die inhoud enige tyd wêreldwyd gestroom kan word. Dit is ’n Afrikaanse maatskappy wat op Christelike beginsels geskoei is. Dit is ook dié bymekaarkomplek vir mense en kunstenaars wat ’n liefde en passie vir die vermaaklikheidsbedryf het.

Die afname in die verkope van CD’s en DVD’s, asook ’n gebrek aan gratis gehalte-TV-programme het Dapper Media genoop om dié aanlyn stroomplatform te skep. Die feit dat dit sakpas aangebied word is ideaal in moeilike ekonomiese tye met huishoudings wat al hoe minder geld op maandelikse intekenfooie vir vermaak kan bestee. Sommige van Dapper Media se programme is gratis, terwyl ander teen bekostigbare pryse gestroom kan word. Dapper Media skep nie net sy eie inhoud nie, maar bied ook geleenthede aan kunstenaars, maatskappye en organisasies om hul produkte en programme beskikbaar te stel. Suid-Afrikaners het ’n ryk geskiedenis, kultuur en erfenis, en daar is nog ’n legio verhale en staaltjies wat wag om vertel te word.

Toekomsvisie

Dapper Media streef daarna om die grootste Afrikaanse aanlyn stroomplatform te word. Ons wil dit ook ontwikkel tot ’n argief waar unieke Afrikaanse inhoud geskep, vervaardig en vir die nageslag bewaar kan word. Dit moet die voorkeurplatform wees waar enigiemand na inhoud van hul keuse kan gaan kyk.

Jy kan deel word, saam kyk, luister en lag! Volg ons op sosiale media en registreer gratis op ons webtuiste om toegang tot al ons inhoud te kry.

www.dappermedia.co.za
https://www.facebook.com/dappermedia.film.musiek.verspr
https://www.instagram.com/dappermedia_fmv

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest