Leesvordering:

Dubbele burgerskap: Wat is die voorwaardes?

Mei 4, 2022

Dit is moontlik vir Suid-Afrikaanse burgers om dubbele of veelvuldige nasionaliteitete verkry.

Die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap (Nr. 88 van 1995) het in 1995 in werking getree. Die “Wet” en sy talle wysigings sit burgerskapregte uiteen in ooreenstemming met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.

Die Wet neem ‘n liberale houding in wat dit vir Suid-Afrikaanse burgers moontlik maak om dubbele of veelvuldige nasionaliteite te verkry, onderhewig aan sekere voorwaardes.

Die eerste bepaling hou verband met die feit dat enige Suid-Afrikaanse burger (buiten minderjariges) wat ander burgerskap verkry het nadat die Wet in werking getree het, moet aansoek doen vir die behoud van sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus. As hierdie proses nie gevolg word nie, sal só ‘n persoon outomaties sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus ingevolge artikel 6(2) van die Wet verloor.

As daardie person ‘n gebore Suid-Afrikaner is, sal hy/sy nie verblyfreg verloor nie, maar slegs die reg op Suid-Afrikaanse burgerskapstatus.

In so ‘n geval kan daardie persoon in ‘n latere stadium aansoek doen vir ‘n hervatting van sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus as hy/sy permanent in Suid-Afrika woon.

As daardie persoon ander burgerskap verkry het voordat die Wet in 1995 in werking getree het, moet hy/sy aansoek doen om vrystelling van die verlies van Suid-Afrikaanse burgerskapstatus ten einde sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus te beskerm.

Vir al die bogenoemde stappe moet ‘n reeks administratiewe aansoeke by die departement van binnelandse sake ingedien word.

As jy graag meer wil weet oor hierdie prosesse of as jy hulp nodig het met die verwerking van sodanige aansoeke, gaan na http://www.immigration.org.za/ en voltooi die gratis burgerskap; ons sal jou vinnig antwoord.

Ons stel voor dat jy ‘n prokureur wat in hierdie spesifieke regsveld spesialiseer, raadpleeg voordat jy ander burgerskap verkry om jou regte te verseker.

Indien jy nie jou Suid-Afrikaanse burgerskapstatus wil behou nie, kan jy bloot voortgaan met die verkryging van ‘n ander paspoort en die bepaling van jou status. Dit sal bevestig dat jy as Suid-Afrikaans gebore burger jou reg op Suid-Afrikaanse burgerskapstatus verloor, maar permanente verblyfreg behou.

Jy sal jou identiteitsdokument moet verander na ‘n nie-Suid-Afrikaanse identiteitsdokument. Jy word dan ‘n permanente inwoner met al die regte van ‘n burger buiten stemreg.

Slegs twee beperkings is in werklikheid van toepassing op dubbele of veelvuldige paspoorthouers:

  • Suid-Afrikaanse burgers wat houers is van ander paspoorte moet Suid-Afrika, in ooreenstemming met internasionale beste praktyk in hierdie verband, met hul Suid-Afrikaanse paspoorte binnegaan en verlaat.
  • Suid-Afrikaanse burgers wat houers is van ander paspoorte mag nie hul buitelandse paspoorte gebruik om aanspraak te maak op enige voordele in Suid-Afrika (byvoorbeeld om BTW terug te eis) nie, want daar is ‘n verbod op die eis van voordele waarop hulle normaalweg nie as Suid-Afrikaanse burgers geregtig sou gewees het nie.

Alle navrae kan gerig word aan enquiries@immigration.org.za.

Meer oor die outeur

Julian Pokroy

Julian Pokroy Prokureurs: Spesialis in wetgewing oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingskap.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest