Leesvordering:

Eerste kyk na ‘SuzelleDIY’ as ’n bruidzilla in Tali’s Wedding Diary

Nov 24, 2017

ShowMax het pas die eerste voorprent vir hul nuwe oorspronklike reeks, Tali’s Wedding Diary – ’n satiriese dokumentêr (“mockumentary”) met Julia Anastasopoulos (oftewel SuzelleDIY) in die hoofrol – vrygestel.

Tali’s Wedding Diary se eerste vertoning is op 14 Desember 2017 en volg ’n selfbehepte Sandton-prinses (Julia) wat Kaapstad toe verhuis het en die aanloop tot haar troue met haar eiendomsagent-verloofde, Darren (Anton Taylor, ster van die populêre webreeks Jozi Shore en die bekroonde kortfilm Money, Keys, Phone) verfilm.

“Tali en Suzelle is baie verskillende karakters,” sê Julia. “Almal is mal oor Suzelle, maar gehore gaan vir Tali haat – sy is beslis ’n bridezilla wat vasbeslote is om die perfekte troue te hê, met of sonder haar aanstaande man.” Sy sê terwyl Suzelle gek sou wees oor Tali, sou Tali vir Suzelle irriterend gevind het.

Tali’s Wedding Diary is geïnspireer deur Julia se eie troue met SuzelleDIY-vervaardiger Ari Kruger. Hul gedeelde sin vir humor was deel van wat hulle bymekaargebring het en hulle het hope gehad om oor te lag in die aanloop tot hul troue. “Daar is soveel komiese materiaal daarin om te trou,” sê Julia. “Jy ontmoet die snaaksste mense en daar is soveel dinge wat jy eintlik nie kan glo nie, maar op een of ander manier het ons nog nooit voorheen ’n trouparodie in Suid-Afrikaanse konteks gesien nie.”

Sedert die bekendstelling van SuzelleDIY op YouTube, het Julia en Ari meer as 80 Suzelle-video’s vervaardig, met meer as 23 miljoen kyke. Hulle het meer as 2,5 miljoen mense geleer hoe om ’n sinderblokbank te maak en ’n verdere miljoen geleer hoe om ’n braaipastei te maak. Kruger het ook twee kortfilms vir Vimeo-personeel, Jakkals13 en Focus vervaardig.

Vir Tali’s Wedding Diary het hulle hulself omring met ’n sterbelaaide rolverdeling, onder andere Lara Lipschitz, wat sopas Beste Aktrise by NYC Web Fest gewen het vir haar reeks Chin-Up; driemalige Savannah Comics Choice-benoemde Glen Biderman-Pam; Fleur du Cap Beste Aktrise-wenner en 2017 Safta-benoemde Kate Normington (Those Who Can’t); en tweemalige Fleur du Cap-wenner Guy de Lancey (The Pervert Laura). Kyk uit vir kameeverskynings (“cameos”) soos Top Billing-aanbieder Lorna Maseko; Nic Smal van Derick Watts and the Sunday Blues; Nicci Saint Bruce (Push Push); lede van Al Bairre; en, natuurlik Gina Collins (Marianne in SuzelleDIY).

Tali’s Wedding Diary bou voort op die sukses van hierdie jaar se geloofde ShowMax Original medevervaardigings: iNumber Number met Mzansi Magic en Waterfront met kykNET.

“Daar is geen twyfel dat daar ’n sterk aanvraag vir plaaslike inhoud is en dat dit ’n sleuteldifferensieerder kan wees nie,” sê Chris Savides, hoof van ShowMax Afrika. “Toe Julia en Ari ons genader het, was ons mal daaroor dat hulle nie ’n Hollywood-program gekloon en in Suid-Afrika geplak het nie, maar eerder karakters reguit uit Sandton en Seepunt gebring het. Ons beplan om vir ons klante die beste internasionale programme te gee, maar ter selfde tyd ook iets te bied wat niemand anders het nie – ware plaaslike programme soos Tali’s Wedding Diary, gemaak net vir hulle.”

“Om met ShowMax te werk was amper soos ’n droom wat waar geword het,” sê Ari. “Hulle het ons kreatiewe beheer gegee, wat ongehoord is hier. Ek voel of ons alles gekry het waarvoor ons gemik het; ons het nie nodig gehad om toe te gee met die dinge wat ons regtig wou hê nie. Dít is ’n baie gunstige plek om te wees.”

Tali’s Wedding Diary sal van 14 Desember 2017 op ShowMax beskikbaar wees vir vergrypkyk.

Vir meer inligting besoek https://www.showmax.com/eng/tali.

Meer oor ShowMax
ShowMax is ’n internettelevisiediens. Vir ’n eenmalige maandelikse fooi, kry jy toegang tot soveel as wat jy kan kyk in ’n tamaai aanlynkatalogus van TV-programme, films, kinderstories en dokumentêre films. Kyk en sit af soos jy wil. Geen advertensies. Kanselleer enige tyd – daar is geen kontrak nie.
Kyk ShowMax met toeps vir slimtelevisies, slimfone, tablette, rekenaars, mediaspelers en speletjie handtoestelle . ShowMax werk ook met Chromecast en AirPlay. Beheer jou dataverbruik met die kerffunksie vir bandwydte. Geen internet nie? Geen probleem nie – laai tot 25 vertonings op slimfone of tablette om later van lyn af te kyk.

ShowMax is in 2015 gebore en is deel van die Naspers-groep. ShowMax is tans beskikbaar in meer as 70 lande. Vir ’n gratis, risikovrye toetslopie, besoek www.showmax.com.

Meer oor Sketchbook Studios
Sketchbook Studios is ’n bekroonde vervaardigingsmaatskappy wat spesialiseer in videovervaardiging vir aanlyn, film en televisie.

Sedert 2004 het die span kortfilms, musiekvideo’s en handelsmerkinhoud vervaardig, met Suzelle DIY wat hul deurbraak- oorspronklike trefferreeks was.

Sketchbook beroem hulself op die skep van innoverende, kreatiewe en onvergeetlike werk, met ’n sterk fokus op komedie en optrede. Met ’n binnenshuise kreatiewe span het hulle ook kenners geword in die gebruik van sosiale media as ’n platform vir oorspronklike inhoud.

Vir meer inligting, besoek https://www.sketchbookstudios.co.za/.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest