Leesvordering:

Geseënde Kersfees aan al ons Wêreldwyd vriende

Des 9, 2021

Dit is Kersfees! Ons mense is regoor die wêreld versprei, en met die COVID-19-pandemie is dit nóg moeiliker as gewoonlik om die feesseisoen saam met familie te spandeer. Met baie Suid-Afrikaners gestrand in ander lande, of wat bloot bang is om te reis uit vrees vir verdere inperkings, gee Wêreldwyd wenke en idees om jou te help om die feestyd te oorleef en elke sekonde saam met jou familie en vriende te geniet.

Ons het beloof dat die laaste nuusbrief van 2021 ’n spesiale Kersbrief gaan wees. Dankie aan al die vriende wat hulle Kerservarings in die buiteland met ons deel.

Veral dankie aan almal wat in 2021 bygedra het tot Wêreldwyd se sukses. Dankie vir elkeen wat ons nuusbrief ontvang, webtuiste besoek of van ons Facebook-blad gehou het, ons op Twitter en Instagram gevolg het, vir elke e-pos en elke stukkie kommentaar. Nog bydraes is altyd welkom! Dit was vir ons so ’n voorreg om julle te leer ken en ons sien uit na nog meer kuiertyd in 2022.

Ons hoop dat 2022 vol verrassings is en om nog meer nuttige inligting, nuus en lekkerleesbydraes aan julle te bied.

Mag Christus die middelpunt van julle feesvierings wees dié Kersfees. Voorspoedige nuwe jaar en mag 2022 ’n jaar van nuwe hoop wees, gevul met liefde, vreugde en meer tyd vir mekaar.

Groete die Wêreldwyd-span

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest