Leesvordering:

Geskie(DOEN)is – die lekkerste ding om nou te doen!

Apr 23, 2020

Grendeltyd het jou sekerlik ook al meer as een keer laat sug: “Wat kan ek nóú doen?” Hoewel grendeltyd nog nie iets van die verlede is nie, kan jy nou na hartelus gaan grawe in die verlede en met Kraal Uitgewers se nuwe aanlyn platform elke dag iets nuuts kry om te DOEN! Geskie(DOEN)is is die ideale wegbreekplek vir elkeen wat lief is vir Afrikanergeskiedenis én hul kreatiewe vaardighede wil slyp of selfs hul kennis van die geskiedenis wil toets.

Op hierdie eenstopplaftorm kry jy nou gratis toegang tot unieke, drukbare inkleurprente wat jonk én oud sal besighou, rateltaai blokkiesraaisels oor die geskiedenis en nog vele meer. Gaan loer sommer nou en doen die lekkerste ding – Geskie(DOEN)is! Klik hier om dié platform te besoek.

Snuffel gerus verder en besoek ook Kraal Uitgewers se nuwe platform waar ouer geskiedeniswerke afgestof word en ’n nuwe gedigitiseerde baadjie aantrek. Herontdek verskeie bekende, minder bekende en selfs vergete geskiedenisboeke uit ons geskiedenis met Kraal Afgestof. Die eerste boek op die Afgestof-boekrak, Jopie Fourie: ’n Lewenskets, is onlangs vrygestel en is nou hier beskikbaar.

Teken ook hier in op Kraal Uitgewers se Facebook-blad en Instagram-profiel en kry jou daaglikse dosis geskiedenisnuus, ontmoet Kraal Uitgewers se skrywers in die gereelde skrywersprofiele, brei jou Afrikaanse woordeskat uit en herontdek die wonder van spreekwoorde en kuier saam of debatteer met ander geskiedenisliefhebbers. Dit alles onder een dak, oftewel alles in een kraal! Klik hier om ’n vriend van Kraal Uitgewers te word en te verseker dat jy nie enige spesiale aanbiedings, boekenuus of geskiedenisbrokkies misloop nie.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest