Leesvordering:

Gesondheidsregulasies: AfriForum berei voor vir regstryd

Apr 13, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n aanmaningsbrief ingedien wat ook as die organisasie se geskrewe kommentaar dien oor die wysigings aan sekere regulasies kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid 61 van 2003 en die Wet op Internasionale Gesondheidsregulasies 28 van 1974. Die aanmaningsbrief is ook ’n waarskuwing aan die regering dat AfriForum regstappe sal doen indien hierdie regulasies van krag word. Dit volg nadat die regering nuwe gesondheidsregulasies gepubliseer het wat die veronderstelde tydelike gesondheidsmaatreëls wat tydens die ramptoestand van krag was, permanent sal vervang. AfriForum sal hofstukke voorberei vir moontlike regsaksie. Aangesien die implementering van die nuwe voorgestelde gesondheidsregulasies nie met ’n interdik voorkom kan word nie, sal AfriForum regstappe doen om die regulasies te hersien sodra dit inwerking tree.

AfriForum is van mening dat die voorgestelde regulasies ultra vires is en daarom buite die beoogde omvang van die wetgewing is. Dit was nooit die wetgewer se bedoeling dat hierdie wette sulke verreikende gevolge moet hê nie. Die konsepregulasies dupliseer ook sekere maatreëls wat voorheen deur die howe geskrap is, soos gedwonge kwarantyn. Laastens is hierdie regulasies ook irrasioneel en onwettig.

 “Die regering probeer om ’n rat voor ons oë te draai deur veronderstelde tydelike ramptoestandregulasies permanent af te dwing. Die konsepregulasies is duidelik niks anders nie as ’n desperate poging van die regering om aan die onbeperkte mag te klou wat tydens die COVID-19-tydperk aan hulle toegeken is. Ons beloof om die implementering van hierdie maatreëls in die belang van ons lede en die publiek tot in die hoogste hof te beveg,”

sê Reiner Duvenage, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud.

AfriForum wil lede van die publiek daaraan herinner om hulle individuele kommentaar oor die konsepregulasies voor 15 April in te dien. Die publiek kan die nuwe regulasies teenstaan deur hul kommentaar op AfriForum se webblad te voeg.

Meer oor die outeur

AfriForum

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest