Leesvordering:

In die skadu van ’n seringboom …

Sep 12, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Op 9 Februarie 1859 kom ’n groep gelowiges “wat al jare lank nie meer met die ‘dwalinge’ van die [Kaapse] Kerk kon saamstem nie” op Rustenburg byeen.

Die volgende dag vergader die groep saam met die Nederlandse predikant ds. Dirk Postma in die skadu van ’n seringboom in Kerkstraat op Rustenburg en stig tydens dié geleentheid die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA). Teen Sondag 11 Februarie het reeds meer as 300 mense – insluitende die latere president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) Paul Kruger – hul name aangeteken as lidmate van dié nuutgestigte kerk. Ds. Postma is beroep as die gemeente se predikant en op dié dag lewer hy ook sy intreerede.

In die jare ná die stigting van die GKSA is verskeie kere gedenkfeeste by die boom gehou. Volgens Dries Coetsee, wat die geskiedenis van die Rustenburgse gemeente opgeteken het, is daar onder meer op 11 Februarie 1909 (tydens die viering van die vyftigjarige bestaan van die GKSA) ’n samekoms onder die seringboom gehou en verskeie toesprake is gelewer, onder meer een deur ds. Postma se seun, ds. Petrus Postma. Prof. Jan Lion Cachet was ook onder die gaste wat die geleentheid bygewoon het.

Volgens oorlewering (soos meegedeel deur S.W. Vercueil, ’n lidmaat van die Rustenburgse gemeente) is die historiese seringboom sowat 75 jaar later, op 30 September 1934, deur ’n sterk stormwind omgewaai. Die stam het egter behoue gebly is deur Willie van Velden, op wie se erf die boom gestaan het, bewaar. Hy het die stam met sement bedek en ’n gedenkplaat daarby aangebring. Die stam is in 1947 tot historiese monument verklaar en nog ’n gedenkplaat is aangebring. 


Bronne:

Coetsee, A.J. 2014. “Die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Rustenburg soos saamgestel deur br. Dries Coetsee”. Rustenburg: Die Gereformeerde Kerk Rustenburg Sentraal. https://issuu.com/heinrich23/docs/gereformeerde_kerk_rustenburg [5 September 2022]

Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. & Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: Die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Admin Buro van die GKSA.

Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 52.

Ströh, K. 2019. “Stigting van die Gereformeerde Kerk: Seringboom Rustenburg”, Monumente, gedenktekens en interessanthede in Suid-Afrika, 14 Maart. http://monument-sa.co.za/stigting-van-die-gereformeerde-kerk-seringboom-rustenburg/ [5 September 2022]

(Foto: Die Algemene Sinode van die GKSA in April 1924 onder die historiese seringboom waar dié kerk in 1859 gestig is. Bron: GKSA-argief)

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest