Leesvordering:

Internasionale Moedertaaldag: “Ons doen dit in Afrikaans”

Feb 18, 2020

Internasionale Moedertaaldag, ʼn inisiatief deur die Verenigde Nasies, word jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier. Klem word veral gelê op die belangrike rol wat veeltaligheid in volhoubare ontwikkeling speel. Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia vier hierdie dag om bewusmaking te skep dat taaldiversiteit grootliks bevorder kan word deur die behoud en bevordering van moedertaalonderrig.

Suid-Afrika is ʼn veelsydige land wat bestaan uit ʼn rykdom van kulture en gemeenskappe. Hierdie veelsydigheid word veral versinnebeeld in die elf amptelike tale wat in Suid-Afrika gepraat word. Hierbenewens word beraam dat daar tot soveel as 35 verskillende dialekte in Suid-Afrika voorkom. Naas Zulu (23%) en Xhosa (16%), is Afrikaans die moedertaal van nagenoeg 14% van Suid-Afrikaners. Daar is dus ongeveer sewe miljoen mense in Suid-Afrika wat Afrikaans as moedertaal koester.[1]

“ʼn Moedertaal is die eerste taal waarmee ʼn mens na geboorte kennis maak, en dit ontwikkel meestal ongehinderd as ʼn integrale deel van elke mens se onderbewussyn, denke en bestaan,” meen professor Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia. “Hierbenewens skep ons moedertale ook ruimtes van geborgenheid waarbinne ons meestal op ons tuiste voel.”

Verskeie studies het al getoon dat moedertaalonderrig aanleiding gee tot gesonder identiteitsvorming, identiteitsbesef, selfvertroue en gevolglik ook tot groter akademiese en sosiale uitnemendheid.[2] Dit is alombekend dat dit vir leerders wat onderrig in hulle moedertaal ontvang veel makliker is om kennis na ʼn tweede, derde en selfs meer tale oor te dra. Dit is ook bekend dat abstrakte konsepte wat in ʼn moedertaal geleer word makliker verstaanbaar is en meer oordraagbaar is na ander tale, omdat kognitiewe ontwikkeling juis in die moedertaal verhoog word.

Rautenbach vertel dat Akademia daarop roem dat sy aan Afrikaanssprekendes ʼn geleentheid bied om op ʼn naskoolse vlak verdere onderrig in Afrikaans te kan ontvang. Akademia is daarom trots om moedertaaldag saam met internasionale gemeenskappe te vier. “Hoëronderwys in Afrikaans bevoordeel nie net studente nie, maar bied ook aan alle Afrikaanssprekendes ʼn platform vanwaar Afrikaans as lewendige akademiese en wetenskapstaal verder kan ontwikkel. So word volhoubare ontwikkeling bevorder.”

Akademia vorm deel van die groter versameling van taalgemeenskappe in Suid-Afrika. “Om doeltreffend by hierdie groter versameling in te skakel, is dit van groot belang dat Afrikaanssprekendes goeie kommunikasievaardighede in ander nasionale en internasionale spreektale aanleer,” sê Rautenbach.

Selfs van groter belang, volgens Rautenbach, is dat Akademia en Afrikaanssprekendes op moedertaaldag die waarde van moedertaalonderrig na ander taalgemeenskappe uitbasuin. Dit kan gedoen word deur die volgende treffende aanhaling in Engels, die vierde grootste huistaal in Suid-Afrika, wat deur feitlik alle gemeenskappe verstaan word:

Let us all prosper through mother tongue education.

We do it in Afrikaans,

How do you do it?

[1] https://southafrica-info.com/arts-culture/11-languages-south-africa/

[2] http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S1727-37812017000100022

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest