Leesvordering:

ShowMax: Jungle Beat nou beskikbaar vir oorsese intekenaars

Mar 1, 2018

Hierdie buitengewone, plaaslik vervaardigde kinderprogram is bekroonde TV-goud en nou, indien jy ’n ShowMax-intekenaar in die buiteland is, kan jou kinders al die pret ervaar.

Vertoon in vyf-minuut episodes het die rekenaaranimasiereeks Jungle Beat, in Suid-Afrika vervaardig, die wêreld stormgeloop toe dit die eerste episode ‘Always Take the Weather With You’ bekend gestel het. Elke episode (almal vernoem na welbekende pop-liedjies) stel ons voor aan verskillende wilde diere wat almal ’n kuns vir teëspoed het – van ’n apie wat bang is om in koue weer uit te asem tot ’n vuurvliegie wat bang is vir die donker. Seisoene 1 en 2 is nou op ShowMax vir intekenare in die buiteland beskikbaar.

Die grappige kaskenades van hierdie pragtige animasieskeppings sal die hele gesin genot verskaf en, met geen dialoog nie, is die reeks geskik vir selfs die jongste van kykers. Plus, die reeks het ’n string internasionale toekennings losgeslaan. Kyk nou » 

Toekennings en lofbetuigings vir Jungle Beat:

  • Beste Animasie by die African Eye Animasiefees (2003).
  • Marble Z-toekenning vir Beste Film van die Kinderjurie by die Zagreb Animasiefees (2003).
  • Gehoortoekenning in Sao Paulo en tweede plek in Rio de Janeiro se Anima Mundi Internasionale Animasiefees (2003).
  • Hoofprys by Sprockets Toronto Internasionale Filmfees vir Kinders (2006).
  • Camerio-gehoortoekenning by Carrousel International du Film de Rimouski in Kanada (2006).
  • Toekenning vir Beste Reeks vir Kinders by die Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings (2007).
  • Nasionale Filmraad van Kanada-toekenning vir Beste Animasiekortfilm by die Freeze Frame-fees (2007).
  • Jica Enfants-toekenning by die Annecy Internasionale Animasiefilmfees (2008).
  • Beste Animasie by die LG Life’s Good Filmfees in Toronto (2008).
  • Twee platinumtoekennings van die American Pixel Academy (2011).
  • Amptelike keuring by die Chicago Internasionale Kinderfilmfees (2004) en (2013).
  • St Louis Internasionale Filmfees (2014).

 

Nog nie ’n ShowMax-intekenaar nie?

Kry nou ShowMax »

Let wel: Jungle Beat is slegs beskikbaar aan internasionale ShowMax-intekenaars in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Nie alle titels is in alle gebiede beskikbaar nie. ShowMax bied jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks – van die klassieke tot die nuutste vrystellings; van volledige reekse tot kindergunstelinge.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest