Leesvordering:

Kersfeesvieringe in Melbourne

Des 14, 2022

Deur Monré Meyer

Dit is nou die derde Kersfees wat ons in Australië gaan vier – tot ’n groot mate doen ons dit soortgelyk as in Suid-Afrika.

Ons bly in Melbourne en dit begin soos Kersfees voel in die stad. Oral in die stad is die Kersversierings besig om opgesit te word. My kantoor kyk uit op die Yarrarivier wat deur die stad loop en die voetgangerbrug is klaar getooi vir die Kersfees. Die Heilsleërvrywilligers sal binnekort in die strate Kersliedjies speel. Myer, die groot afdelingswinkel in die stad het ’n Kersfeesvensteruitstalling en die mense staan toue om dit te sien.

Ons eerste Kersfees buite Suid-Afrika was in 2012 en ons het dit in die hartjie van Australië by Uluru gevier. Ons het ’n reis deur die platteland (die regte “Outback”) aangepak en my broer kla steeds oor die skaapboud wat ons honderde kilometer laat toer het. Ons slaan ook vir die kinders ’n Kersboom op waar ons ook al gaan, al moet my vrou daarmee vlieg as handbagasie as dit moet. 

Verlede jaar het ons Kersfees ook op die platteland gevier, hierdie keer in Euchuca saam met ’n Suid-Afrikaanse vriend.

Oukersaand deel ons van die persente uit en op Kersoggend Kersvader se presente. ’n Goeie ding wat ons kinders uitgevind het in die buiteland, is dat Kersvader presies weet waar om al die presente af te laai, al is die kinders ver van die huis af.

Dit is nou makliker om in te skakel vir ’n Afrikaanse Kersdiens en ons sal weer video-oproepe maak met al die familie, waar hulle ook mag wees.

Dis onmenslik warm daardie tyd van die jaar in Australië, so ons hou laatmiddag/vroegaand ons Kersete. Ek het klaar ’n skaapboud wat wag in die vrieskas wat voorberei gaan word met te veel sous, rys en aartappels. Ons sal afsluit met ’n goeie ou koekstruif (“trifle”).

Ons het ook vir dieselfde redes as ander uit Suid-Afrika geëmigreer. Ek sê vir die kinders hulle is nie minder Afrikaans omdat hulle buite Suid-Afrika is nie, want Afrikaner-wees sit in jou hart. Kersfees is egter letterlik die enigste tyd van die jaar wat ek eerder in Suid-Afrika sal wil wees, naby familie en vriende.

LEES OOK: Die immigrasiereise van ’n gerooktevarkboudresep

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest