Leesvordering:

Onderneming in die Kollig – ’n terugflits op 2022 (Deel 1)

Des 14, 2022

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte en dienste kan kry, raak amper ’n soort avontuur op sigself. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is hier om te help!

Vandag kyk ons terug na 2022 se ondernemings in die Kollig.

  • Vaca Pintada – Painted Cow Art & Craft Studio

Vaca Pintada (Afrikaans: Geverfde koei) is ’n instapateljee in Faial, Azores, waar mens jou aan kuns en huisflyt kan oorgee. Lees meer.

  • Oolfant.com

Oolfant.com is vir Afrikaanse tuisskolers wat soek na interessante inligting en inspirasie om van tuisonderwys ‘n reusesukses te maak. Lees meer.

  • Spaarwiel

Spaarwiel is ’n potgooi wat finansiële onafhanklikheid, persoonlike finansies, spaar- en beleggingsgeleenthede bespreek. Hierdie potgooi word aangebied deur Eduan Kruger waar hy met die gewone man en vrou asook spesialiste gesels oor persoonlik finansies en finansiële onafhanklikheid. Lees meer.

  • Die Spens

’n Suid-Afrikaanse winkel in Nederland wat klante regoor Europa sedert 2005 in Afrikaans, Engels en Nederlands bedien. Lees meer.

  • Knysna Café & Bar

Knysna is ’n café wat deur die familie besit en bestuur word. Dit is in 2021 deur die man-en-vrou-span, Andrew en Tanya, begin. Na hul vir meer as 15 jaar ’n suksesvolle restaurant in Suid-Afrika besit het, het hul uiteindelik die geloofsprong geneem en iets van hul eie in Nieu-Seeland begin. Lees meer.

  • Herklink

Anelia se oupa is in Mei 2020 in die Wes-Kaap oorlede. In Junie skryf haar ouma via WhatsApp: “Ek kon nie eens my maat groet nie … Ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep en ek kon nie daar wees nie.”Na aanleiding van hierdie hulproep ontwikkel Anelia en Andri ’n “virtuele gedenkdiens”. Lees meer

  • Brighten Accountants

Brighten Accountants bied topgehaltediens aan kliënte regoor Australië, deur van innoverende wolktegnologie gebruik te maak om met toewyding die beste rekeningkundige en belastingoplossings aan elke kliënt te bied. Lees meer.

  • Orpington Dental Care

Helen Loubser is Orpington Dental Care se hooftandarts. Sy het in 1998 in Suid-Afrika gekwalifiseer en tweejaar- nagraadse kursus in kosmetiese tandheelkunde aan die toonaangewende Eastman Tandheelkundeskool behaal. Ons praktyk word deur die familie bestuur en voorsien sorgsame tandheelkunde. Omdat die pasiënt sentraal staan, fokus ons op die bou van  sterk verhoudings met elke pasiënt. Lees meer.

  • Het Rand

Het Rand is ’n Suid-Afrikaanse eetplek in Brugge, België. ’n Mens kan hul kos beskryf as Belgiese kookkuns met ’n Suid-Afrikaanse geur. Lees meer.

  • Roslyn Bespoke Jewellery

Roslyn (’n vakman-juwelier en metaalsmid) se storie het meer as tien jaar gelede begin toe sy geïnspireer is om ’n juweelstuk van haar seun se kunswerk te maak. Lees meer.

  • Network Financial Services

Network Financial Services is in 2012 deur Eugene op die been gebring – hy het meer as dertig jaar se ervaring in die versekeringsbedryf, hier in Nieu-Seeland sowel as in Suid-Afrika. Lees meer.

  • Betsy’s South African Deli

Betsy’s South African Deli in Edmonton, Kanada is dié plaaslike Suid-Afrikaanse plek waarvan jy moet weet vir biltong, droëwors, “chili bites” en boerewors. Betsy’s verkoop ook vars gebakte pasteie en soetgebak. Lees meer.

  • Beskuitblik

Brenda Smit is in Suid-Afrika gebore en getoë. Sy en haar gesin het in 1998 na Nederland verhuis. Kook en bak was nog altyd haar passie, en omdat haar familie en vriende so versot is op haar beskuit het sy net al meer gebak. Lees meer.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids

Lys jou onderneming hier.

Vir meer ondernemings, besoek gerus AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest