Leesvordering:

Kinderboeke vir oud en jonk!

Apr 19, 2021

Nuut op die rakke: Kinderboeke vir oud en jonk!

Skerwe – Sally Partridge
Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.
Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.
Skerwe is ’n holderstebolder, weghol-verhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Skerwe is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.

KOOP GEDRUKTE BOEK

KOOP LAPA E-BOEK

KOOP AMAZON E-BOEK

Flippie word ’n vlieg – Fanie Viljoen
Waarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie!

Sal jy daarvan hou om plekke te ruil
met ’n VLIEG? Natuurlik nie.

DIT SAL AAKLIG WEES!

Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie die boek lees nie.
Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!

Flippie word ’n vlieg is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.

KOOP GEDRUKTE BOEK

KOOP LAPA E-BOEK

KOOP AMAZON E-BOEK

Tania Brink-Omnibus 1
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend stel …

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ’n droom-date te vergesel …

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant. Hulle ontmoet twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Tania Brink-omnibus 1 is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.

KOOP GEDRUKTE BOEK

KOOP LAPA E-BOEK

KOOP AMAZON E-BOEK

Vuil Ferdie-reeks – Geskryf deur Alan MacDonald & vertaal deur Jaco Jacobs

Burp!
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd …

Eeuw!
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Kieme!
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.

Die Vuil Ferdie-reeks is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.

KOOP HIER

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest