Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 1 Desember 2022

Des 1, 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Kollig Nuusbrief

Klik hier om die nuutste Wêreldwyd Kollig te lees.
Teken in op ons nuusbrief. Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Hier is die gewildste artikels:

Die emosionele koste om jou land te verlaat

Met die kollig op ekspat-depressie en wenke om dit te beveg

Om jou land te verlaat en in ʼn nuwe land aan te pas, bring verskeie uitdagings mee: Jy moet jou familie en vriende agterlaat, afskeid neem van jou geboorteland, aanpas in ʼn nuwe omgewing (wat ʼn kultuurskok op sy eie is), en die onvoorsiene en verborge koste verbonde aan emigrasie, om net ʼn paar uitdagings te noem. Al hierdie uitdagings het ook ʼn emosionele impak op jou.

Bemeester meer tale sing-sing

In die 1990s het ek met mense gewerk wat na Suid-Afrika geïmmigreer het. Baie van hulle was uit die Oosbloklande afkomstig en kon glad nie Engels praat nie. Die uitsondering was Michelle, ’n borrelende Tsjeggiese vrou in haar veertigs wat heel netjies kon Engels praat. Sy was dikwels my tolk in gesprekke met ander Tsjegge en Slowake. Toe ek haar vra waar sy Engels geleer het, was haar antwoord dat sy haarself geleer het met behulp van langspeelplate van die Beatles!

Uit en tuis: ’n e-pos uit Noord-Ciprus

Uit en tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Riaan Haasbroek wat ’n onderwyser is in Noord-Ciprus.

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van tegnologie en sosiale media, genaamd kuberafknouery.

Besigheidsbytjies en Juniorpreneurs se AfriForum Wêreldwyd-kategorie wenners

Daar is verskeie kategorieë wat vir leerders van graad 1 tot graad 12 ’n platform bied om vir hierdie kompetisie te kan inskryf. Vanjaar was daar ook twee splinternuwe kategorieë, naamlik die Saai-kategorie (vir leerders met ’n liefde vir landbou) en die AfriForum Wêreldwyd-kategorie (vir Suid-Afrikaanse leerders in die buiteland met ’n liefde vir sake).

Migrasie met kinders: die moeilike en maklike dinge om in gedagte te hou

Om na ’n nuwe land te migreer, met alles wat aan die begin so onbekend is, is een van die moeilikste en deurslaggewendste stappe wat ’n mens kan neem. Jy is bes moontlik gewoond aan die stres in jou werksplek en om altyd te moet aanpas by die landskap om jou wat voortdurend verander, sodat jy kan oorleef. Maar jy is baie beter toegerus om hierdie lewensveranderende besluite te deurstaan as jou kinders – of is jy?

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees.
•    Phala Phala: “Ramaphosa moet bedank”
•    Uittog van onderwysers kom – studie
•    Afrikaans vir eers veilig by Maties

Onderneming in die Kollig: Flick Fingerboards UK

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Flick Fingerboards in die Verenigde Koninkryk.

Ek en my man is oorspronklik van Suid-Afrika en woon al langer as 16 jaar in die Verenigde Koninkryk. Een van die dinge wat ek hier in die VK gemis het van Suid-Afrika, was die geliefde bordspeletjie Vingerbord. Dit is ’n speletjie wat ons in die tagtigerjare as kinders gespeel het.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest