Leesvordering:

Lapa: Nuut op die rakke

Mar 10, 2021

LAPA spog met ʼn hele paar nuwe boeke, en soos altyd is daar lekkerlees boeke vir elke boekrak.

’n Kans op vir altyd
Cecilia Nortjé 

Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ’n bedrywige sakevrou met ’n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou ’n gewilde trouplaas. Drie
suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom.

Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ’n houvas op elkeen.

Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle ’n kans op geluk, ’n kans op vir altyd, waag?

’n Kans op vir altyd is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639606118

Kliek hier om boek aan te koop

Mieke
Mariël le Roux

Mieke se lewe verander binne ’n oogwink wanneer Boeta met sy koffer en ’n sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarige seun wat verstandelik gestremd is en opsluit sy pa soek.

Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand.

Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van ’n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Mieke is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639606132

Kliek hier om die boek aan te koop.

Hekel en word heel 2
Nadia de Kock, Hilda Steyn en Jessica Haasbroek

Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot
mishandeling.
Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer.
Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal! Hierdie unieke hekelboek bevat patrone vir ponchos, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem.

Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings en is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN  9780639601007

Kliek hier om die boek aan te koop.

Kroonwild
Henk Breytenbach

In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is.

Paul se vrou en kinders sit in ’n tentekamp in die Kaap, hy bly in ’n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter ’n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy ’n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en ’n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Kroonwild is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

ISBN 9780639606156

Kliek hier om die boek aan te koop.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest