Leesvordering:

Myn op Nasionale Krugerwildtuin se voorstoep: Nuwe naam, dieselfde maatskappy

Nov 9, 2023

AfriForum is ná maande se gesloer as ’n belanghebbende en geaffekteerde party geregistreer in Tenbosch Mining (Edms) Bpk. se aansoek om mynregte vir mynbou-aktiwiteite aan die suide van die Nasionale Krugerwildtuin te bekom. Die burgerregteorganisasie het in Mei vanjaar verneem dat Tenbosch Mining (Edms) Bpk. steeds voortgaan met hul mynregaansoek ten spyte van die vorige omgewingskonsultant se aankondiging in Oktober 2022 dat Tenbosch Mining (Edms) Bpk. hul aansoek vir ’n mynboulisensie en omgewingsgoedkeuring terugtrek.

AfriForum se regspan het in September ’n aanmaning aan Tenbosch Mining (Edms) Bp. se omgewingskonsultant gestuur om dié organisasie as belanghebbende en geaffekteerde party te registreer. In hierdie brief eis AfriForum ook by monde van die organisasie se regspan dat die applikant moet verduidelik hoe die aansoek kan voortgaan ten spyte van die wanvoorstelling wat gemaak is. Die applikant het bloot te kenne gegee dat die vorige omgewingskonsultant verkeerd ingelig was. Hierdie hele situasie is nie net uiters agterdogtig nie, maar ook onreëlmatig. Die applikant het ’n wetlike verpligting om alle wesenlike inligting betreffende die aansoek met belanghebbende partye te deel. AfriForum het ook omvattende kommentaar laat opstel oor die voorgestelde omgewingsimpakstudie.

“Die feit dat AfriForum die omgewingskonsultant met regstappe moes dreig voordat ons as belanghebbende party geregistreer is, is tekenend van die slinkse manier waarop die applikant probeer om die proses te manipuleer en sy verpligtinge te omseil. Ons het ook kommentaar ingedien betreffende die bestaande omgewingsimpakstudies wat gedoen is,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum.

Dié kommentaar wys verskeie onreëlmatighede in die voorgestelde omgewingsimpakstudie uit wat daarop neerkom dat Tenbosch Mining (Edms) Bpk. as’t ware hul aansoek moet terugtrek. Die omgewingskonsultant noem Marlothpark in sy areabeskrywing, maar hy het versuim om die Nasionale Krugerwildtuin te noem – laasgenoemde is sowat 2 km nader aan die area as wat Marlothpark is. Die organisasie meen dat die weerhouding van kritiese inligting soos hierdie onverskoonbaar is en dat dit as aspris misleidend beskou kan word teenoor alle belanghebbendes.

Verder is die voorlopige impakvoorspelling oppervlakkig en onvolledig selfs vir ’n voorlopige verslag. Daarbenewens gaan mynbouaktiwiteite wat oor meer as 6 000 ha gaan strek ’n wesenlike impak op toerisme in hierdie area hê en daarmee saam ook ’n afname in die ekonomiese voordele van toerisme. In die kommentaar plaas die organisasie ook klem op die gebrekkige openbaredeelnameproses en die feit dat die omgewingsimpakstudie geen melding maak van kommentaar en terugvoer vanaf die publiek of belanghebbendes nie – dít is op sigself misleidend aangesien talle kwessies al uitgewys is en steeds nie bespreek is nie. Die omgewingsimpakstudie bevat ook geen spesialisstudies nie.

“’n Mynreg moet nooit aan só ’n onbetroubare maatskappy toegestaan word nie. Daarom is ons van mening dat die hele proses van nuuts af moet begin. AfriForum het in Maart 2022 ’n hofbevel bekom teen Barbara Creecy, die minister van Bosbou, Vissery en Omgewingsake, wat haar besluit om ’n aansoek deur dieselfde maatskappy te hersien, tersyde gestel het en ons is van mening dat dié hofbevel ook oorweeg moet word in verdere aansoeke om mynreg in hierdie area,” sluit De Klerk af.

AfriForum en sy regspan oorweeg verdere remedies tot sy beskikking en sal binnekort meer hieroor bekend maak.

Tenbosch Mining (Edms) Bpk wil met ‘n steenkoolmyn oor ‘n gebied van ongeveer 6 251 hektaar op die voorstoep van die Krugerwildtuin begin.

VEG saam teen die myn by die Krugerwildtuin:

"*" indicates required fields

Naam en van*
Consent*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest