Leesvordering:

ʼn Padkaart vir jou geestesgesondheid

Okt 3, 2023

Deur Derika de Villiers

Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die meeste Suid-Afrikaners word groot sonder om blootgestel te word aan maniere hoe om na hul geestesgesondheid te kyk. Ek veroordeel nie hierdie raamwerk nie, ek stel bloot net die dilemma en die effek daarvan, aan jou.

Persoonlike geestesgesondheid is net so belangrik soos ons fisieke gesondheid. Persoonlike geestesgesondheid en fisieke gesondheid hou verband met mekaar en beïnvloed mekaar. Sonder om twee keer te dink bel ons ’n dokter of jaag apteek toe as ons fisieke toestand belemmer word, maar dit neem weke of self maande voor ons bereid is om na ons geestesgesondheid te kyk. Hoe dan so?

Juis omdat ons nie geleer het hoe om na ons geestesgesondheid te kyk nie. As jy hartseer is, sluk jy jou trane weg. As jy kwaad voel of angstig voel, onderdruk jy die emosies. Die meeste van ons het nie ’n padkaart vir hoe om ons geestestoestand te bestuur nie. En nou, as ’n ekspat, is jy ontwortel en bevind jy jouself in ’n vreemde land met ’n vreemde taal, ’n totaal en ander manier van lewe en dalk ook sonder ’n ondersteuningstelsel of jou beste vriend/vriendin wat net om die draai gebly het en altyd beskikbaar was om na jou te luister of te omhels as die trane vloei. Jy kan soms bitter alleen voel, veral tydens die Kersfeesseisoen.

Elke persoon se padkaart is uniek, gevorm vanuit sy eie, unieke agtergrond. Daarop moet jy voortbou. Hierdie padkaart gee vir jou inligting oor watter roete om te neem, wanneer om te stop, te rus en wanneer om ’n alternatiewe pad te gebruik.

Jou emosies kan gesien word as aanduiders wat vir jou inligting gee; watter ervaringe is goed vir jou en watter ervaringe belemmer jou geestesgesondheid. Emosies soos blydskap, vreugde en dankbaarheid is lekker om te voel en jy wil gereeld blootgestel word aan daardie emosies. Ander emosies soos hartseer, angs en hopeloosheid is weer moeiliker om te ervaar. Moenie hierdie emosies ignoreer of onderdruk nie, sien dit eerder as waarskuwingstekens. Tekens dat jy aandag aan jou geestesgesondheid moet gee en identifiseer waar die emosies vandaan kom. Kom dit van jou gedagtes (jou interne dialoog) af, of kom dit van die impak van jou omgewing af? Wanneer jy die waarskuwingstekens ignoreer, kom hulle net harder en duideliker na vore. Dit is hier waar jy aan die stuur moet wees van jou gevoelens.

Jy hoef ook nie op jou eie te reis nie. As jy ver van jou familie en vriende is, of nog nie ’n ondersteuningstelsel het daar waar jy bly nie, kan jy altyd ’n sielkundige kontak of van ’n ander hulpbron gebruik maak. Soek ’n sielkundige wat jou moedertaal praat, sodat jy jouself doeltreffend kan uitdruk sodat die sielkundige die regte konteks het. Daar is baie Afrikaanssprekende sielkundiges van Suid-Afrika soos ek, wat in die buiteland werk. Die meeste Suid-Afrikaanse sielkundiges bied ook aanlyn terapie aan.

Dan moet ek ook net noem: terapie is nie die roete vir elke mens nie. As ’n sielkundige kan ek vir jou se dat terapie nie die enigste oplossing is om jou te leer om jou geestesgesondheid te bestuur nie. Terapie is wel een roete op die padkaart en ’n betekenisvolle en uitdagende proses wat jou wel kan help navigeer tot jou geestesgesondheid weer goed lyk.

Die meeste mense besef nie dat hulle soveel mag het om hulle geestesgesondheid self te verbeter en bestuur nie. ’n Mens weet nie waar om te begin en wat die beste sal werk nie. Ek en ’n deskundige span het die uitdaging geïdentifiseer en ’n toep ontwikkel wat jou kan help om jou eie, unieke padkaart te ontwikkel. Ons het die toep Hey Happy genoem en dit is beskikbaar op Google Play asook op Apple Store.

Die doel van die toep is om jou bloot te stel aan 90 aktiwiteite wat jou gemoed positief kan beïnvloed. Ons het navorsingstudies bestudeer en dit in aktiwiteite ontwikkel waar jy meer leer oor jou gemoed en sodoende ’n unieke gereedskaptas opbou vir wanneer jy nodig het om jou geestesgesondheid te bestuur.

Leer van jouself. Leer wat werk en wat werk nie. Leer waarvan jy hou en wat vir jou belangrik is. Leer hoe om verhoudinge doeltreffend te bou en onderhou. Jou padkaart sal al die dinge moet insluit.

Geestesgesondheid is kompleks en verg aandag van jou waar jy jouself ook al bevind.

Geskryf deur Derika de Villiers, kliniese sielkundige in Amsterdam, Nederland
www.derikapsychologist.com

Skakels vir die HeyHappy-toep:

Foto: natalie-grainger-unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest