Leesvordering:

Natuurhoekie: dagreis in die Nasionale Krugerwildtuin

Aug 18, 2022

Deur Alana Bailey

Hierdie tyd van die jaar is besonder geskik vir ’n toer deur die Nasionale Krugerwildtuin. Trek ’n been biltong en jou knipmes nader en toer saam van die Phabeni-hek verby Skukuza en Laer Sabie tot by die Malelane-hek.

Daar is ontmoetings met rooibokke, ’n visarend, bobbejane, kameelperde, reuse- of Goliatreier, breëkoparend, krokodille, waterskilpaaie, vlakvarke, seekoeie, koedoes, klipspringer, buffels en olifante. Geniet die klanke van die bos en voel Afrika roep in jou hart!

Almal wil natuurlik graag die Groot Vyf in die Krugerwildtuin sien, maar daar word nog 142 ander soogdierspesies ook aangetref. Dit is wel moontlik om die Groot Vyf almal op een dag raak te loop. Volgens SANParke se webwerf is daar sowat 1 620 tot 1 750 leeus, 13 750 olifante, 1 000 luiperds en 37 130 buffels in die wildtuin. Die aantal renosters word vir veiligheidsredes nie genoem nie.

Die beeldmateriaal is onlangs deur Katie en André van Two-V Productions op hulle You Tube-kanaal geplaas. Hartlike dank aan hulle vir pragtige video’s! Teken asseblief in op dié kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest