Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Elizabeth Jones Photography

Jun 21, 2023

Dié week se kollig val op Elizabeth Jones Photography in Nieu-Seeland.

Elizabeth Jones Photography is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Elizabeth Jones Photography:

Ek is ’n kontemporêre lewenstylfotograaf geleë in die Wellington-area (NS) en neem sedert 2016 professionele foto’s in Nieu-Seeland en Australië. My dienste sluit in troues, gesinslewenstylsessies, geleenthede en visuele inhoud vir ondernemings se webtuistes en sosiale media.

Ek het altyd foto’s geneem en alles gedokumenteer. Ek het dit vir baie jare gedoen en toe rondom 2005 het ek besluit om fotografie te studeer en ’n stokperdjie in ’n beroep te verander. My fotografie het in só mate verbeter dat ek besluit het om in Elizabeth Jones Photography te begin.

Ek hou daarvan om natuurlike foto’s van mense te neem. Ek is mal oor dié oomblik in my foto’s. My sessies is natuurlik en gemaklik. Ek sal jou help om te ontspan en ongelooflike foto’s neem.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Elizabeth Jones Photography

Klik hier om Elizabeth Jones Photography se webtuiste te besoek.

Klik hier om Elizabeth Jones Photography op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest