Leesvordering:

Natuurhoekie – Interessante plante

Jan 25, 2023

Deur Alana Bailey

Onlangs was ons so gelukkig om die pragtige Sky Lodge in Noordwes naby die Hartbeespoortdam te gaan besoek. Die welige plantegroei van dié omgewing het heelwat verrassings opgelewer.

Een daarvan was stamvrugte (Englerophytum magalismontanum). Stamvrugbome is immergroen en groei stadig. Dit het blink blare en dra vrugte wat dig teen mekaar aan die ouer hout van die boom ontwikkel. Die vruggies lyk byna soos lukwarte en is rooi wanneer hulle ryp is. Stamvrugte het ’n unieke, soet smaak wat ’n mens aan lietsjies laat dink en dit kan gebruik word om wyn, mampoer, asyn, stroop en konfyt mee te maak. Soms word dit ook saam met mieliemeel gekook om ’n smaaklike pienk pap te vorm. Dit het ’n hoë vitamien C inhoud en tradisionele genesers gebruik dit om maag- en rumatiekpyn te verlig. Die blomme en vrugte lok verskeie soorte insekte en voëls.

(Englerophytum magalismontanum)

’n Ander soort boom wat ons aandag getrek het, is die botterklapper (Strychnos madagascariensis). Die leeragtige, effens harige blare van die boom is donkergroen bo en liggroen onder. Die koeëlronde vrugte is aanvanklik blougroen en word geel wanneer hulle ryp is. Vrugte kan tot 8 cm in deursnee wees. Dit het ’n kalbasagtige dop wat baie sade omhul. Alle soorte klappers in hierdie plantfamilie is nie veilig nie – sommige se sade bevat strignien en ’n mens moet dus eerder nie die klappers eet as jy nie die bome goed kan uitken nie. Botterklappers het egter vele gebruike. Die vrugtevleis kan fyngemaak, gedroog en geëet word. Verder kan ’n pasta van die vrugte gemaak word om vlooie af te weer en die wortels kan gemaal en met warm water gemeng word om as braakmiddel te dien. Musiekinstrumente soos die marimba en fluite word van die gedroogde doppe gemaak.

(Strychnos madagascariensis)

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest