Leesvordering:

Netflix kondig sy eerste Afrikaanse reeks aan met die bekende akteur Arnold Vosloo

Aug 21, 2022

Netflix se eerste Afrikaanse reeks, Ludik, tref die skerms internasionaal op 26 Augustus 2022. Die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-akteur Arnold Vosloo (Silvertone Siege) is in hierdie gewaagde aksiebelaaide-reeks van ses episodes te sien in die titelrol van Daan Ludik, saam met plaaslike swaargewigtalente soos Rob van Vuuren (Swys de Villiers), Diaan Lawrenson (Anet Ludik) en Zane Meas (Brigadier Davies). 

Die reeks wentel om Ludik, wat op die oppervlak voorkom soos ’n sout van die aarde ou – ’n ordentlike gesinsman aan die stuur van ’n suksesvolle meubelonderneming. Onder hierdie dekmantel van ordentlikheid is Ludik egter betrokke by die onderwêreld waar hy paaie kruis met Mafiabase en moordenaars. Met sy gesinslewe wat in beroering is, tronkstraf en selfs die dood wat hom in die gesig staar, moet Ludik op sowel sy ou as sy nuwe bondgenote staatmaak om staande te bly om alles wat vir hom belangrik is, van ondergang te red.

“Die gevolg is maksimum chaos,” sê Rose and Oaks Media, die vervaardigers en dryfkrag agter die reeks, onder leiding van Anele Mdoda, Paul Buys en Frankie du Toit. Die reeks is ’n mengsel van gewaagde aksie, oordadige Afrikaanse humor en hope kinkels van begin tot einde.

Rolverdeling en produksiespan

Vervaardig deur: Rose and Oaks Media

Uitvoerende vervaardigers: Anele Mdoda, Paul Buys en Frankie du Toit

Regisseurs: Ian Gabriel en Harold Holscher

Geskep deur: Paul Buys en Annemarie van Basten

Hoofrolverdeling:

Arnold Vosloo
Rob van Vuuren
Zane Meas
Jandre le Roux
Inge Beckman
Lea VivierSean Cameron Michael
Tina Redman
Diaan Lawrenson
Mzu Ntantiso
Tshamano Sebe
Dirk Stolz
Terence Bridgette

Sinopsis:
Daan Ludik (Arnold Vosloo) het sy eie koninkryk uit niks gebou. Die suksesvolle meubelverkoopsman is die gesig van sy onderneming. Mense hoor hom oor die radio en sien hom op TV en advertensieborde. Hy is ’n gesinsman in die rykmansbuurt Pretoria-Oos, maar hy dra ’n geheim met hom rond … ’n verbintenis met die onderwêreld. Met sy gesinslewe wat in beroering is word Daan se vindingrykheid en prioriteite herhaaldelik uitgedaag terwyl hy die gevaar loop om ontmasker te word, sy familie te verloor, in die tronk te beland, of selfs sy lewe prys te gee. In sy stryd om sy persoonlike verhoudings en sy onderneming van ondergang te red, moet hy op sowel ou as nuwe bondgenote staatmaak om kop bo water te hou.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest