Leesvordering:

Nuwe Joshua Na Die Reën album – Nommer 1 op iTunes!

Apr 16, 2019

Die splinternuwe en derde studio-album getiteld, SOMERAARDE, van die gewilde musikant, Joshua na die Reën, is Vrydag 12 April 2019 op alle digitale platforms vrygestel en het oor die naweek die Nommer 1 posisie op die SA iTunes Trefferparade vir verkope ingeneem!

Kry die album nou hier:  www.jndr.co.za/itunes

“Die titel van my nuwe album, is SOMERAARDE. Dit is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne SOMERAARDE gewees het,” verklap hy.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.

“Ek het baie geleer tydens die opnameproses. Op hierdie reis het ek mense ontmoet wat soveel meer ingeploeg het as wat van hulle verwag is… Ewald Jansen van Rensburg het die vermenging van klank gedoen en dit was een van die samewerkings in my lewe wat werklik geen moeite was nie, want dis lekker as jy mense so kan vertrou. Andy Maritz het die dromvervaardiging gedoen en ek sê baie keer vir hom dat hy die album gered het,” sê hy.

Anders as met die vorige album, Die Wêreld Binne My, wat meestal gegaan het oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister, moedig sy derde ateljee-album luisteraars aan om vrede binne hulleself te vind. Die genre is egter steeds Stadium Rock, maar buiten vir die kenmerkende kontemporêre styl, is daar ook interessante pop-elemente in party van die liedjies wat bydra tot die splinternuwe klank wat hy graag wou skep.

Elf oorspronklike snitte, waarvan een (Vlieërs) ’n duet is met die opkomende ster Liani Reynolds, neem aanhangers op reis deur die verskillende emosies van menswees en beloof om hulle aandag van begin tot einde gevange te hou en direk met die siel te praat. Die radioweergawe van die treffer, Soos In Nou verskyn ook as bonussnit op die album.

Alhoewel hy nie ’n liedjie wil uitsonder as sy gunsteling nie, glo hy dat luisteraars baie gaan hou van Branders omdat dit hom ook na aan die hart lê: “Ek het agtergekom dat soos wat die lewe aangaan en ’n mens ouer word, leef almal eintlik maar vir Desember. Toe ek dus in Desember 2017 op die strand sit en kyk na die branders, besef ek toe dat hulle alles van my af weet. Ek stort immers gereeld my hart voor hulle uit. Net so, beskou ek ook die mense wat naby my loop as branders wat die geheime van my hart dra.”

Soos In Nou, die eerste vrystelling vanaf die album, is baie goed deur die publiek en radiostasies ontvang en pryk op talle radiostasies se trefferparades.

Dié enkelsnit, uit die musikant se eie pen, is geïnspireer deur sy liefde daarvoor om oor die lewe te filosofeer, asook die soeke na rigtingwysers op die lewenspad wat aandui dat verandering nodig is én die besef dat jy die dinge wat jou terughou moet laat gaan. “Ek ervaar die lewe soms taamlik intens. Wanneer ek bly is voel ek regtig bly, maar wanneer ek af voel sukkel ek soms om sin te maak van dinge. Op een of ander manier delf ek in daardie tye deur die bogrond van my siel en kom dan darem uit by dit wat onder dit lê,” verduidelik hy. ’n Musiekvideo vir hierdie treffende snit, sal ook binnekort beskikbaar wees.

Die bekroonde kunstenaar, Joshua na die Reën, bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks – Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties en nog vele ander gedeel.

Joshua na die Reën het nog baie planne vir die toekoms, wat nog baie musiek, spesiale projekte en optredes, ’n oorsese toer en temaliedjies vir flieks insluit. Sy hoop is om met sy liedjies en lirieke emosies wakker te maak wat mense al vergeet het om te ervaar en hulle te daaraan te herinner dat dit goed is om daardie emosies te voel, omdat dit al is hoe jy sal vrede vind.

Met SOMERAARDE se noukeurige samestelling en sielvolle inhoud, voldoen hy nie net aan sy nuutste doelwit nie, maar verstewig hy ook sy plek as musikant in die bedryf. Sy nuutste vrystelling sal sommer blitsvinnig in luisteraars se harte te kruip en is ’n aanwins vir enige albumversameling.

SNITTE OP DIE ALBUM
Soos in Nou

Sterrenet

Someraarde

Wandel

Vlieërs (duet met Liani Reynders)

Branders

Chamonix

Soos die Wind

Suiderkruis

Sweef

Onbekende Reis

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen

Twitter: @JoshuaNaDieReen

Instagram: @joshuanadiereen

Webblad: www.jndr.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest