Leesvordering:

Nuwe lekkerlag-komediereeks nou op AfriForumTV

Mar 31, 2023

Deur Carina Bester

AfriForumTV het op 23 Maart ’n splinternuwe komediereeks bekend gestel. Blits-Bulletin is ’n ensemble-komediereeks wat handel oor die agter-die-skerms-lewe van ’n bekende Afrikaanse nuusprogram.

Sebastian (Pietie Beyers), die inhoudsvervaardiger by Blits-Bulletin, het ’n reuseverbeelding en groot drome om ook ’n ikoniese nuusleser soos sy held, Riaan Cruywagen, te word. Dit is ’n wonderwerk dat hulle elke aand die nuus regstreeks kan uitsaai en in die eerste episode maak ’n windlawaai nuusleser sy verskyning en gooi al Sebastian se drome omvêr. Sebastian raak ook verlief op die hoof joernalis Andrei (Augusta Zietsman), maar ’n vorige kêrel (André Lötter) uit haar tuisdorp maak die moontlikheid van ’n romantiese verhouding byna onmoontlik vir Sebastian.

Elma Postma vertolk die rol van Lorraine Blignaut wat aan haar werk verslaaf is, terwyl Bouwer Bosch die lui kamera-operateur vertolk. ’n Paar ander gesigte loer ook elke nou en dan by die ateljee in om die reeds onstuimige werkplek verder omvêr te werp. Cruywagen, Grant Towers, Jonathan Pienaar en Luan Lauw is ook in die reeks te sien, met Pierre Breytenbach, Neels Clasen, Angelique Gerber en Themba Ntuli wat ’n draai in die ateljee maak.

Mense wat veral van die Amerikaanse reekse Brooklyn Nine-Nine en Scrubs gehou het, sal hierdie reeks terdeë geniet.

Die eerste vier episodes van Blits-Bulletin sal dadelik op AfriForumTV, ’n gratis aanlyn stromingsplatform, beskikbaar wees waarna die volgende vyf episodes van dié reeks weekliks bekendgestel sal word.

Blits-Bulletin is deur Claudia van Zyl geskryf, die konsep is deur Pierre Malan ontwikkel en is vervaardig deur Laurika de Kock. Die reeks is op verskeie plekke in Pretoria verfilm onder meer in die AfriForumTV-ateljee, Ivory Manor, Moonshot Café en Pretoria Boys High School.

Ouderdomsbeperking: 13 Taal

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest