Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Alpenrose Hotel and Gardens

Mar 8, 2023

Dié week se kollig val op Alpenrose Hotel and Gardens in Switserland.

Alpenrose Hotel and Gardens is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Lees meer oor Alpenrose Hotel and Gardens:

Ons is geleë tussen groot tuine en spog met ’n sonterras met wondermooi uitsigte van die Jungfrau-bergreeks.

Alpenrose Hotel and Gardens is jou poort tot die Jungfrau-streek. Ons is langs Interlaken geleë, waar daar ’n groot verskeidenheid buitelugaktiwiteite is. Daar is vir elkeen ’n avontuur om te beleef – kom bly by ons sodat jy jóú avontuur kan begin.  

Ons span staan reg om te verseker jy het alles wat jy nodig het vir jou verblyf, of dit nou gerieflike kamers en akkommodasie is; smaaklike, heilsame etes in ons restaurant; of indrukwekkende plaaslike en boetiekdrinkgoed; en dit alles met ’n uitsig oor die pragtige tuin.

Ons het nie vier sterre nie, ons het nie vyf sterre nie, ons is soos familie! Ons 120 jaar oue gebou bied ’n snoesige en gesellige atmosfeer. Wees deel van ons geskiedenis, ontspan en geniet die baie ervarings wat jy tydens jou besoek aan ons kan verwag.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Het jy ’n gastehuis, Airbnb of lodge in die buiteland of het jy by een gebly wat deur Suid-Afrikaners bestuur/besit is? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za of in die kommentaar.


Kontak Alpenrose Hotel and Gardens

Klik hier om Alpenrose Hotel and Gardens se webtuiste te besoek.

Klik hier om Alpenrose Hotel and Gardens op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest