Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Derika de Villiers Kliniese Sielkundige

Okt 19, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is Derika de Villiers Kliniese Sielkundige in Amsterdam, Nederland.

Derika de Villiers Kliniese Sielkundigeis gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Hallo, ek is Derika, ’n gesertifiseerde kliniese sielkundige.

Ek is in Amsterdam gebaseer en as Engels- en Afrikaanssprekende kliniese sielkundige gee ek terapie in persoon en aanlyn aan adolessente, volwassenes, paartjies en ekspats wat depressie, angs, trauma of verhoudingsprobleme ervaar.  

Die lewe kom nie met ’n gebruikershandleiding nie. Ek glo ons almal doen die beste wat ons kan met dit wat ons tot ons beskikking het. Die lewe kan egter steeds vreemde draaie met ons loop. Onverwagse gebeure kan ons lewens omvergooi en dit moeilik maak om op koers te bly. Ons het geen idee wat die dag van môre inhou nie en daar is gereeld dinge in ’n mens se lewe waaroor jy geen beheer het nie, al wens jy jy het.

Ons bestee gereeld ons tyd deur of terug te kyk op die verlede of deur gretig te wag op die toekoms en dit te beplan – en sodoende mis ’n mens die groei, geleenthede en lesse wat reg voor jou is. Ons as mense is kompleks, onvolmaak, dinamies en veerkragtig, en weet jy wat? Dit is perfek!

HOE WERK DIT?

Om met terapiesessies te begin, kan angswekkend en intimiderend wees, of dit nou jou eerste terapiesessie is en of jy dit al voorheen gedoen het. Dit is moeilik om oop te maak en ’n vreemdeling te vertrou wat jy nog nooit ontmoet het nie, dus gee ek ’n gratis konsultasiesessie van tien minute, waartydens ons kortliks gesels oor wat aangaan en hoe ons dit kan benader. Sodoende kry jy ’n idee hoe ek te werk gaan, sodat jy kan besluit of jy voel ons sal goed kan saamwerk. In my benadering tot terapie is vertroulikheid, onvoorwaardelike positiewe aandag en vertroue die basis van die terapeutiese verhouding.  

Kontak my deur ’n kontakvorm in te vul of ’n e-pos te stuur. Maak ’n afspraak (dui asseblief aan of jy in die tien minute gratis konsultasie belangstel en of jy dadelik met terapie wil begin.)

Afhangende van jou behoeftes, kan ons ’n afspraak maak om in persoon te ontmoet of ons kan ’n aanlyn sessie skeduleer indien jy nie na my praktyk kan kom nie, of as ’n aanlyn platform in jou eie omgewing vir jou net meer gerieflik is.  

Sodra daar op ’n dag en tyd ooreengekom is, sal ek vir jou ’n inligtingsdokument aanstuur met ’n terapiekontrak wat jy kan lees en ingee voor jou eerste geskeduleerde afspraak.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest