Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: IsMozBos

Sep 28, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is die trots  Suid-Afrikaanse IsMozBos wat hulle produkte versprei na Malawi asook ander dele in Afrika.

IsMozBos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ’n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in ’n prentjiemooi Bosveldlandskap gevind het. Êrens op ’n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek – in vervoering met dié geurige struik wat so eg bosveld ruik, het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke is bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ’n tas vol wildesalie en ’n kop vol drome. Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ’n besonderse lyfprodukreeks wat geïnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die Bosveld. IsMozBos se bosseep is ’n klein stukkie Bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die Bosveld.

Rina Lombard het IsMozBos muskietafwerende produkte amptelik in Desember 2016 begin. IsMozBos het met slegs een produk afgeskop. Sy het besluit om vyf boksies te maak met verskillende kleure vir verskillende mense se behoeftes. Sy het begin om haar produk by apteekgroepe te verkoop, veral met haar agtergrond en ondervinding in die bedryf. Pieter van Dyk van Harties Apteek het haar passie raakgesien en omdat die Hartbeespoortdam natuurlik baie muskiete lok, het die produk goed begin verkoop. Die Van Heerden Apteekgroep was volgende om haar produkte te verkoop. Vandag is IsMozBos by Outdoor Warehouse-takke beskikbaar. Gastehuise, alle Van Heerden-apteke, Outdoorphoto en die Skukuza-winkel in die Nasionale Krugerwildtuin is maar net ’n paar van IsMozBos se kliënte. Produkte word ook nou na Malawi en ander dele in Afrika versprei.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest