Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Mama Beskuit

Okt 10, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die bak- en spyseniersbedryf. Niks bring heimwee terug soos ’n lekker koppie boeretroos en beskuit nie. Mama Beskuit bring ordentlike beskuit na Nederland.

Mama Beskuit is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Mama Beskuit:

Ek en my man het byna twee jaar gelede Nederland toe getrek. So gereeld hoor ek van vriende en kennisse wat smag na ’n happie ordentlike beskuit! Ek is lief daarvoor om enige iets te kook en proe, en het begin om beskuit te bak.

Ek gebruik egte bestanddele. Egte botter, meel van goeie gehalte en baie liefde. Elke beskuit word voorberei, gebak en spesiaal verpak in my kombuis vir jou huis.

Elke resep is noukeurig uitgekies en aangepas vir die beste uitkoms. Ek hoop julle geniet dit saam met ons, en ek sien uit om van julle te hoor!

Ek hoop dat dit al my mede-Suid-Afrikaners wat hunker na ’n eg Suid-Afrikaanse lekkerny sal bereik en hopelik sal ons eendag ons klein bakkery kan uitbrei en alle soorte nageregte en spesialiteitskoeke aanbied!


Liefde, Mama Beskuit

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na Afrikanergasvryheid te veel raak (en jy graag ‘n beskuitjie of twee in jou koffie wil doop).

Kontak Mama Beskuit

Klik hier om Mama Beskuit se Facebook-profiel te besoek.

Klik hier om Mama Beskuit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest