Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Nobleman Sparrow Productions

Aug 2, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die fotografiebedryf. Nobleman Sparrow Productions lewer fotografiese en filmdienste in die Verenigde Koninkryk en op eie bodem in Suid-Afrika.

Nobleman Sparrow Productions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Nobleman Sparrow Productions

In Augustus 2021 het ons besluit om dit te waag om ons eie handelsmerk bekend te stel. Christopher het al ’n geruime tyd vir ander wonderlike handelsmerke geskiet en sou sy eie handelsmerk in 2020 loods … Toe tref Covid en gevolglik kansellasie op kansellasie.

Uiteindelik is @noblemansparrow gebore, en wat ’n wipwarit was dit nie. Ons het sedertdien ons dienste na die Verenigde Koninkryk uitgebrei. Maar moenie kwel nie, ons neem steeds besprekings in Suid-Afrika! Ons het ’n vaardige en ervare span wat namens ons in Suid-Afrika skiet wanneer ons nie ons nie self daar kan wees nie, maar ons swaai steeds ons towerstaffie met die redigering.

Een van ons gunstelinge om te skiet is die oomblikke tussen een plek en die volgende wanneer die paartjie dink die kamera is af. Maar ons is altyd gereed!

My ervaring sluit die volgende in:

  • Vier jaar se ervaring van die skiet van troues, funksies, korporatiewe en leefstylgeleenthede
  • Meer as 100 troues
  • Nege duisend uur se videoredigering
  • Ervaring met professionele Canon-, Fuji- en Sony-toerusting

Videografie is my passie, maar ek is ewe gemaklik met fotografie.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Nobleman Sparrow Productions

Klik hier om Nobleman Sparrow Productions se webtuiste te besoek.

Klik hier om Nobleman Sparrow Productions op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest