Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Ntaba Coffee Haus

Jul 7, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming in die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Ntaba Coffee Haus in die Verenigde State van Amerika.

Direk van Afrika na Louisville

Ntaba Coffee Haus het begin toe eienaar Robin Mountain besoek afgelê het by koffieplase in Ethiopië. Nadat hy die plase gesien het, die mense ontmoet het wat die koffie oes en die beste koffie van die grond tot in die koppie ervaar het, het hy besef dat hy ’n manier wil vind om Afrika se eersteklas koffie in Amerika te kry. ’n Jaar nadat hy sy eerste sakkie groen bone bestel het, was Robin gereed om die volgende stap te neem en ’n fisiese plek oop te maak wat gelei het tot Ntaba Coffee House se ontstaan.

Vandag bied ons aan ons kliënte organiese, varsgeroosterde koffie wat deur billike handel van die beste plase in Afrika aangekoop word. Robin se ander onderneming, Ntaba African Safaris, sorg dat hy steeds tyd kry om Afrika te besoek en die plase te sien waar ons koffie vandaan kom. Ons Suid-Afrikaanse en Duitse herkoms word in die soet en sout lekkernye wat ons aanbied, weerspieël.

Kontak Ntaba Coffee Haus

Telefoon: +1 502-871-5082

E-pos: howzit@ntabacoffeehaus.com

Klik hier om Ntaba Coffee Haus op Facebook te besoek.

Klik hier om Ntaba Coffee Haus op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest