Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Shannon Casey

Sep 21, 2022

Talent sonder grense.

Dié week se onderneming in die Kollig is Shannon Casey in Londen, Engeland.

Shanon Casey is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Hi, ek is Shan!

Ek is van ’n stad met die naam Durban in Suid-Afrika, maar ek voel nou asof ek huise op ander plekke in die wêreld ook het, soos Engeland en Saoedi-Arabië. Behalwe vir verf en foto’s neem, sal jy my ook kry met ’n koppie tee of koffie in die hand, besig om te ontspan saam met my twee katte en my man, Ross. Ek is so lief vir hulle almal, maar ek is veral mal daaroor om die lewe saam met Ross te deel – hy is ’n vlieënier en koffiesnob en laat my die heeltyd lag!

Ek het ’n mal liefde vir Jesus, blomme, lees, om buite te wees, koolhidrate en indie-musiek. Dit is net kortliks iets oor my en my lewe!

Hier by Shannon Casey glo ons nie net daaraan om die goeie tye met julle te deel nie, maar ook om kuns te skep ter wille van gerief. Ons wil die liefde versprei!

Ons is ’n pasgemaakte kunsonderneming, vir ons gaan dit nie oor massavervaardigde goedere nie. Jy sal iets uniek hier by ons kry, want elke stuk is sorgsaam en met liefde gemaak.

As jy pasgemaakte items bestel, kan jy op ons staatmaak om iets te skep wat jy in gedagte het, terwyl ons tydens die hele proses met jou kommunikeer.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest