Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: South African Expat Store – Austin TX

Apr 12, 2023

Dié week val die kollig op South African Expat Store in Austin, Texas.

South African Expat Store – Austin TX is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Verlang jy terug huis toe? Dit is waar hierdie storie begin. Om na ’n nuwe plek toe te trek kan skrikwekkend en moeilik wees. Om gewoond te raak aan nuwe tradisies, gebruike en ’n nuwe kultuur sal meebring dat enigiemand hul ou, bekende lewe mis. As jy al langer as 20 jaar weg is van die huis af raak die verlange erg, maar dit help as jy ’n stukkie van die huis by jou het om dinge makliker te maak. Ons doel is om ’n huis weg van die huis af te skep deur die skoonheid van ons geboorteland ten toon te stel met die produkte wat ons skep. Ons geniet wat ons doen en hoop dat hierdie produkte vir jou ook ’n bietjie vreugde kan verskaf.

Ons is ’n Suid-Afrikaanse winkel in Austin, Texas en ons spesialiseer in jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte. Of jy nou op soek is na ’n ou gunsteling, pasgemaakte klere, of huisdekor, ons bied dit alles!

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.


Kontak South African Expat Store – Austin TX

Klik hier om South African Expat Store – Austin TX se webtuiste te besoek.

Klik hier om South African Expat Store – Austin TX op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest