Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Tarryn du Plessis Photography

Okt 26, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is Tarryn du Plessis Photography in Hampshire, Engeland.

Tarryn du Plessie Photography is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

My liefde vir fotografie het waarlik begin gedurende een van ons vele gesinsvakansies saam rondom Afrika. Ons was in Namibië en terwyl ek op die dak van my pa se Land Rover gestaan het toe hy kamp opgeslaan het, het ek ’n foto van die sonsondergang geneem.

Ek het na die sonsondergang gekyk deur die akasiabome met die mooiste vertoning van pienk, oranje en blou. Dit was met dié wat ek verlief geraak het op die vaslê van beelde wat met my hart praat.

Een van my eerste herinneringe van die neem van foto’s is toe ek omtrent 5 jaar oud was.

Ek het my ouers se mik-en-druk-kamera gevind – in die dae van film – en op loop gegaan met die neem van foto’s van my babapop.

Ek het die hele rol van 36 foto’s opgebruik. Verbeel jou my ouers se verbasing toe hulle die film laat ontwikkel het.

Daardie passie duur vandag nog voort deur die beelde wat ek vir my kliënte vaslê terwyl hulle hulself uitleef!

My dienste sluit in:

Troufotografie

’n Troue is meer as net ’n troue – dit is die nefie of niggie wat jy in jare nie gesien het nie, jou beste vriend, dit is die tannie van oorsee, die band met jou ouers – dit is al hierdie belangrike mense wat jou dag onvergeetlik maak, en watter beter manier om die belangrikste dag van jou lewe te onthou as met ’n trou-album.

Met foto’s wat vir die duur van jou troudag geneem word, laat ek jou storie skep en verseker dat daardie herinneringe nie verdof nie deur dit in ’n album te vertoon wat sal verseker dat dié dag vir nog baie jare onthou sal word.

Gesinsfotografie

Ons neem elke dag foto’s van ons kinders, maar hoe dikwels sien ons kinders daardie foto’s.

As deel van ons kinders se ontwikkelingsfase is dit voordelig vir hulle om hul gesin as ’n geheel te sien, en hulself as deel van die geheel uitgebeeld te sien.

Laat ek daardie band vir jou kind vaslê om na terug te kyk en deel daarvan te voel.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest