Leesvordering:

AfriForum loods omvattende veldtog teen onteieningswetsontwerp

Okt 25, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende veldtog geloods teen die onteieningswetsontwerp wat privaateiendomsreg bedreig. Hierdie veldtog het ’n plaaslike, nasionale en internasionale komponent.

Nasionaal behels hierdie veldtog ’n manifes, wat die onteieningswetsontwerp teenstaan, en onderteken is deur 13 burgerregte-, landbou-, politieke- en ander organisasies van regoor die land. AfriForum se regspan het ook vandag ’n brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf. Hierdie brief lig die onteieningswetsontwerp se ongrondwetlikheid en gevare uit en op daardie basis versoek dit die president om die wetsontwerp terug te verwys na die wetgewer en dat dit vooraf na die Konstitusionele Hof verwys word.

AfriForum gaan op plaaslike vlak sy takke mobiliseer om die manifes aan hul provinsiale regerings te oorhandig. As deel van die internasionale komponent van hierdie veldtog, gaan AfriForum briewe rig aan die ambassades in die land. In hierdie briewe versoek AfriForum dat hierdie ambassades hul tuislande in kennis sal stel van die nuutste bedreiging van privaateiendomsreg in Suid-Afrika. AfriForum beplan ook om die uitgebreide netwerk van kontakte wat die organisasie oor die jare in die buiteland opgebou het, in te lig oor die gevare van die onteieningswetsontwerp.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dat die organisasie reeds sterk standpunt teen die onteieningswetsontwerp geneem het gedurende die kommentaartydperk en dat AfriForum alles binne hulle mag sal doen om hierdie vernietigende wetsontwerp te stop.

“Ons kan nie toelaat dat die regering die mag kry om enige eiendom wat hulle wil net te gryp nie. Dus het AfriForum hierdie omvattende, multi-vlak veldtog geloods. Wetsontwerpe is al gestop in hul spore gedurende hierdie fase waar dit na die Raad van Provinsies en dan die president gestuur word vir goedkeuring, weens openbare of internasionale druk,” sluit Van Zyl af.

AfriForum versoek nou dat ons lede en die publiek ook hul naam agter hierdie manifes sit deur www.onteiening.co.za te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest