Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Werner Briedenhann, kliniese sielkundige

Aug 31, 2021

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste wyse waarop jy kan verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier word hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid! Hierdie week se onderneming in die Kollig is Werner Briedenhann ‘n kliniese sielkundige in Nieu-Seeland.

Werner Briedenhann bied terapie vir volwassenes, paartjies en adolessente in sowel Engels as Afrikaans.

Ons het elkeen ’n verlede. Dit is ’n mengsel van gelukkige, hartseer en soms teleurstellende of traumatiese gebeure. Ons herinneringe maak ons wie ons is. Ons herinneringe is soos stories met verskillende hoofstukke. Wanneer ongelukkige goed met ons gebeur – soos om groot te word met ’n ouer wat nie omgee nie of om ’n ongeluk te sien gebeur – word ons stories ’n donker geroesemoes. Ons stories word deurmekaar. Ons sukkel om onsself te verstaan; ons word slegte vertellers van ons eie storie.

Dit is wanneer terapie help. Jou sielkundige kan jou help om jou storie weer te verstaan. Hulle kan jou help om sin te maak uit jou gevoelens, gedagtes en herinneringe. Dit is soos om ’n bol wol te ontrafel wat ’n katjie beetgekry het. ’n Sielkundige kan jou help om dié deurmekaarspul van stories eers te ontrafel en daarna weer saam te voeg. Hulle help ons om sin te maak uit wat ons voel, dink en doen. Hulle help ons om nuwe wyses te leer om met die swarighede van ’n komplekse mens saam te leef.

Kontak Werner Briedenhann
E-pos adres: info@letsuntangle.co.nz
Klik hier om Werner Briedenhann op Facebook te besoek.
Klik hier om Werner Briedenhann op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest